Die Rugbywêreldbeker 1999 (Engels: 1999 Rugby World Cup; Frans: Coupe du monde de rugby à XV 1999; Iers-Gaelies: Corn Rugbaí an Domhain 1999; Skots-Gaelies: Cupa Rugbaidh an t-Saoghail 1999; Wallies: Cwpan Rygbi'r Byd 1999) is van 1 Oktober tot 6 November 1999 in Wallis (nominale gasheer), Engeland, Skotland, Frankryk en Ierland, die destydse Vyfnasies, beslis. Dit was die vierde rugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyraad (IRR; nou Wêreldrugby) aangebied word en die tweede in Europa. Al die gashere het ook die Rugbywêreldbeker 1991 saam gehuisves. Dit was die eerste rugbywêreldbekertoernooi in dié sport se professionele era, nadat die IRR ná die Rugbywêreldbeker 1995 met die professionalisering van dié sport begin het.
duimnael|links|upright|Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is Die Rugbywêreldbeker 1999 was die eerste toernooi met 20 deelnemende nasionale rugbyspanne, teenoor die 16 van die eerste drie rugbywêreldbekertoernooie. Die nominale gasheer Wallis, die verdedigende kampioen Suid-Afrika, die naaswenner Nieu-Seeland en die derde-plek-span Frankryk het regstreeks vir die toernooi gekwalifiseer, saam met die 16 beste spanne van die kwalifisering (Argentinië, Australië, Engeland, Fidji, Ierland, Italië, Japan, Kanada, Namibië, Roemenië, Samoa, Skotland, Spanje, Tonga, Uruguay en die Verenigde State).
Tydens die 1999-toernooi is 41 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase, drie tydens die uitspeelrondte en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vyf groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die beste span van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer, terwyl die naaswenners en die voorste derde-plek-span tydens die uitspeelrondte om die oorblywende drie plekke van die kwarteindrondte meegeding het. Die spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2003 in Australië gekwalifiseer.
Australië het die eindstryd op Millennium-stadion in Cardiff teen Frankryk met 35–12 gewen en sodoende sy tweede rugbywêreldbekertitel ingepalm, die eerste span wat daarin geslaag het. Hulle het ook die eerste span geword wat dié titel ingepalm het nadat hulle vir die toernooi moes kwalifiseer. Die verdedigende kampioen Suid-Afrika het in die derde en Nieu-Seeland in die vierde plek geëindig. Die halfeindwedstryd wat Frankryk teen Nieu-Seeland met 43–31 gewen het, word as een van die beste wedstryde in die rugbywêreldbekergeskiedenis beskou. Interessant genoeg is die Krieketwêreldbeker 1999 op ’n soortgelyke manier deur vyf Europese lande aangebied (met Nederland pleks van Frankryk) en ook deur Australië gewen, die eerste land wat dit tot dusver vermaak het om albei wêreldbekertoernooie in dieselfde jaar te wen. Vir Frankryk was dit saam met die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 een van twee groot sportkompetisies binne twee jaar en interessant genoeg het die onderskeidelike nasionale spanne die wêreldbekereindstryde in twee van Frankryk se gewildste sportsoorte gehaal; albei behoort tot die mees gesiene sportgeleenthede ter wêreld.
As gevolg van die uitgebreide aantal spanne wat aan die Rugbywêreldbeker 1999 kon deelneem, het dié toernooi met drie nuwelinge die meeste debutante sedert die eerste 1987-toernooi gesien. Die nasionale rugbyspanne van Namibië, Spanje en Uruguay het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem, maar al drie spanne is reeds in die groepfase uitgeskakel. Daarmee was dit die eerste rugbywêreldbekertoernooi waaraan twee Suid-Amerikaanse spanne deelgeneem het, die eerste met drie Spaanstalige lande en die eerste waartydens Oseanië deur vyf nasionale spanne verteenwoordig is. Tydens hierdie toernooi het die Suid-Afrikaanse losskakel Jannie de Beer tydens die kwarteindwedstryd teen Engeland vyf skepskoppe oorgeskop – in dié tyd ’n Suid-Afrikaanse toetsrekord. Die Rugbywêreldbeker 1999 het ook die opkoms van Namibië, wat daarna vir ses agtereenvolgende rugbywêreldbekertoernooie kon kwalifiseer, gesien.
Toewysing Die Rugbywêreldbeker 1999 is deur die IRR aan die vyf rugbylande toegewys, wat destyds jaarliks om die Vyfnasies-beker meegeding het. Die Walliese Rugbyunie het met die ander Vyfnasies-beheerliggame ooreengekom om van die wedstryde in Engeland, Frankryk, Ierland en Skotland aan te bied. Die nuwe Millennium-stadion in Cardiff was die kern van die Walliese bod, met boukoste van sowat £126 miljoen wat deur ’n lotto-insameling en private beleggings gedek is.
Deelnemers Die volgende 20 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 1999 gekwalifiseer: Die nominale gasheer Wallis, die verdedigende kampioen Suid-Afrika, die naaswenner Nieu-Seeland en die derde plek Frankryk het regstreeks gekwalifiseer. Om die oorblywende 16 plekke het tydens die kwalifiseringsrondte 65 nasionale rugbyspanne meegeding, ’n nuwe rekord. Die nasionale rugbyspanne van Namibië, Spanje en Uruguay het vir die eerste keer vir ’n rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer en saam met Fidji, wat die vorige 1995-toernooi in Suid-Afrika misgeloop het, by die 16-span-lys van die Rugbywêreldbeker 1995 aangesluit om sodoende die 20-span-lys vir die Rugbywêreldbeker 1999 te vorm. Fidji, Samoa en Tonga het ook vir die eerste keer by dieselfde rugbywêreldbekertoernooi saam verskyn, waarmee dit die eerste toernooi was waaraan vyf Oseaniese spanne deelgeneem het. Vir die eerste keer het ook twee Suid-Amerikaanse en drie Spaanstalige spanne gekwalifiseer.
duimnael|400px|Spanne wat aan die kwalifiseringstoernooi deelgeneem en die wat regstreeks gekwalifiseer het; altesaam 65 spanne het deelgeneem. duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroepNominale gasheerVierde1995Derde plek (1987)DRegstreeksTweede1995Kampioen (1995)AVierde1995Kampioen (1987)BVierde1995Naaswenner (1987)CKwalifiseringsrondteVierde1995Groepfase (1987, 1991, 1995)DVierde1995Kampioen (1991)EVierde1995Naaswenner (1991)BDerde1991Kwarteindrondte (1987)CVierde1995Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995)EVierde1995Groepfase (1987, 1991, 1995)BVierde1995Groepfase (1987, 1991, 1995)DVierde1995Kwarteindrondte (1991)CEerste –DebuutCVierde1995Groepfase (1987, 1991, 1995)EDerde1995Kwarteindrondte (1991, 1995)DVierde1995Vierde plek (1991)AEerste –DebuutADerde1995Groepfase (1987, 1995)BEerste –DebuutADerde1995Groepfase (1987, 1991)E
Stadions duimnael|Die Millennium-stadion in Cardiff, kern van die Walliese bod vir die Rugbywêreldbeker 1999 Kern van die Walliese bod vir die Rugbywêreldbeker 1999 was die nuwe Millennium-stadion in Cardiff, wie se boukoste 126 miljoen pond beloop het. Wallis het egter slegs nege van die 41 wedstryde gehuisves, nadat die Walliese Rugbyunie met sy eweknieë van Engeland, Frankryk, Ierland en Skotland ooreengekom het om wedstryde in die vier ander lande aan te bied.
Die Rugbywêreldbeker 1999 is derhalwe deur Wallis, Engeland, Frankryk, Ierland en Skotland saam aangebied, en wedstryde is regoor dié vyf lande gehou. Al die Groep A-wedstryde is in Skotland aangebied, Groep B-wedstryde in Engeland, Groep C-wedstryde in Frankryk, Groep D-wedstryde in Wallis en Groep E-wedstryde in Ierland. Die uitspeelrondte vir die kwarteindrondte en die kwarteindrondte self is in drie verskeie stadions gehuisves, die halfeindrondte is op Twickenham in Londen aangebied. Beide die bronseindstryd en die eindstryd is op die nuut opgerigte Millennium-stadion in Cardiff aangebied, wat langs die Nasionale Stadion in Cardiff Arms Park opgerig is.
Van die Engelse stadions is Twickenham en Welford Road (albei rugbystadions), asook Ashton Gate in Bristol en Kirklees in Huddersfield, wat gewoonlik sokker aanbied, gebruik. Skotse stadions sluit in Murrayfield, tuiste van die Skotse Rugbyunie; Hampdenpark, tuiste van die Skotse Sokkerassosiasie; en die kleinste stadion van die Rugbywêreldbeker 1999: Netherdale in Galashiels, Scottish Borders. Stadions in Ierland is Lansdowne Road, die tradisionele setel van die Ierse Rugbyvoetbalunie, asook Ravenhill en Thomondpark. In Frankryk is vyf stadions gebruik, die meeste van die vyf gashere, insluitende die Franse nasionale stadion, Stade de France, wat die eindstryd van beide die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 en die Rugbywêreldbeker 2007 aangebied het. Die nominale gasheer Wallis het drie stadions vir die toernooi gebruik: Die Millennium-stadion in Cardiff, Racecourse Ground in Wrexham en Stradeypark in Llanelli.
Cardiff Wrexham Llanelli Saint-Denis Londen Millennium Racecourse Ground Stradeypark Stade de France Twickenham Kapasiteit: 74 500 Kapasiteit: 15 500 Kapasiteit: 10 800 Kapasiteit: 80 000 Kapasiteit: 75 000 200px 200px 200px 200px 200px Edinburg Glasgow Dublin Lens Bordeaux Murrayfield Hampdenpark Lansdowne Road Stade Félix-Bollaert Stade Chaban-Delmas Kapasiteit: 67 500 Kapasiteit: 52 500 Kapasiteit: 49 250 Kapasiteit: 41 800 Kapasiteit: 38 327 200px 200px 200px 200px 200px Limerick Belfast Galashiels Thomondpark Ravenhill Netherdale Kapasiteit: 13 500 Kapasiteit: 12 500 Kapasiteit: 6 000 200px 200px 200px Toulouse Huddersfield Bristol Béziers Leicester Stadium Municipal Kirklees Ashton Gate Stade de la Méditerranée Welford Road Kapasiteit: 37 000 Kapasiteit: 24 500 Kapasiteit: 21 500 Kapasiteit: 18 000 Kapasiteit: 16 500 200px 200px 200px 200px 200px
Formaat Die Rugbywêreldbeker 1999 is oor 35 dae tussen 20 verskillende spanne oor 41 wedstryde beslis. Dit het op 1 Oktober 1999 op Millenium in Cardiff met die openingswedstryd tussen die nominale gasheer Wallis en Argentinië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 6 November met die eindstryd tussen Australië en Frankryk, waartydens die Wallabies die Webb Ellis-beker ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 1999 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op die uitspeelrondte, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseOktoberVr1Sa2So3Ma4Di5Wo6Do7Vr8Sa9So10Ma11Di12Wo13Do14Vr15Sa16So17Ma18Di19Seremonies | bgcolor=#d6325b |
|Groep A | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
|Groep B | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
|Groep C | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
|Groep D | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
|Groep E | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
|UitklopfaseOktober/NovemberWo20Do21Vr22Sa23So24Ma25Di26Wo27Do28Vr29Sa30So31Ma1Di2Wo3Do4Vr5Sa6Seremonies
| bgcolor=#d6325b| Uitklopfase | bgcolor=#7DF9FF| 3
| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 3
| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#3399ff| 1 | | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep AGroep BGroep CGroep DGroep E
Die groepwedstryde is onder die vyf gashere soos volg verdeel: Groep A is in Skotland aangebied Groep B is in Engeland aangebied Groep C is in Frankryk aangebied Groep D is in Wallis aangebied Groep E is in Ierland aangebied
Groepfase