Die Zandvoort-renbaan is 'n 4,259 km lange motorsportrenbaan in Zandvoort, Nederland. Die Hollandse Grand Prix wat van 1952–1985 vir 30 byeenkomste daar aangebied is en sedert 2021 die Nederlandse Grand Prix.
Die baan Die baan het gewild geword vanweë sy vinnige, uitgestrekte draaie soos Scheivlak sowel as die "Tarzanbocht" (Tarzandraai), 'n haarnaalddraai aan die einde van die begin/eindpylvak. Tarzanbocht is die bekendste draai op die baan. Aangesien daar 'n helling in die draai is, bied dit uitstekende verbysteekgeleenthede. Dit is moontlik om buite sowel as in die makliker binnebaan verby te steek.
Hierdie draai is glo vernoem na 'n plaaslike karakter wat die bynaam Tarzan verwerf het en wou net sy groentetuin in die duine prysgee as die baan se ontwerpers 'n nabygeleë draai na hom vernoem het. Van 2020 af is daar ook 'n helling in die Hugenholtzdraai en die Arie Luyendijkdraai.
duimnael|280px|regs|Die Zandvoort-renbaan word in 1948 aangelê duimnael|280px|Die 1961 Hollandse Grand Prix duimnael|280px|Lugfoto van die baan (2016) Die uitleg van die baan is verskeie kere verander: 1948–1972: lengte 1973–1979: lengte 1980–1988: lengte 1989–1998: lengte 1999–2019: lengte 2020–tans: lengte
Verskillende baanuitlegte
Die draaie het die volgende name (die nommers stem ooreen met die kaart in hierdie afdeling, beginnende by die wegspringstreep): Tarzandraai (1) Gerlach-draai (2) Hugenholtzdraai (3) Hunzerug (4) Rob Slotemakerdraai (5) Naamlose draai (6) Scheivlak (7) Meestersdraai (voorheen Marlborodraai) (8) Naamlose draai (voorheen Renaultdraai) (9) CM.com-draai (voorheen die Vodafone) (10) Hans Ernstdraai 1 en Hans Ernstdraai 2 (voorheen Audi S-draai) (11 + 12) Naamlose draai (voorheen Kumhodraai) (13) Arie Luyendijkdraai (voorheen Bosuit) (14)
Die hoogteverskil oor die baan is 7,92 meter.
Verwysings
Kategorie:Noord-Holland Kategorie:Nederlandse Grand Prix Kategorie:Motorsport in Nederland Kategorie:Sportgeriewe in Nederland Kategorie:Renbane