Die Oerlikon 35 mm-tweelingkanon of Oerlikon GDF is 'n gesleepte lugafweerkanon wat deur Oerlikon Contraves vervaardig word.

Die stelsel het oorspronklik as die 2 ZLA/353 ML bekend gestaan, maar dis later verander na GDF-001. Die stelsel is in die laat-1950s ontwikkel en word deur ongeveer 30 lande gebruik.

Ontwerp en ontwikkeling Die stelsel maak gebruik van 35 mm outomatiese kanonne, wat oorspronklik as die 353 MK bekend gestaan het, maar nou die KD-reeks heet. Dieselfde KD-reeks 35 mm-kanonne word in die Leopard 1-gebasseerde Gepard en Tipe 74-tenkbasseerde Tipe 87 SPAAG en T-55-basseerde Marksman selfaangedrewe lugafweerkanonne gebruik.

Die stelsel kan saam met die alleenstaande Super Fledermaus-vuurbeheerradar gebruik word, wat teen die laat-1970s opgegradeer is na die Skyguard-stelsel.

In 1980 is 'n opgegradeerde model, die GDF-002, geproduseer, wat verbeterde sig en die vermoë gehad het om deur 'n aparte digitale vuurstelsel beheer te word. In 1985 is 'n opgegradeerde model geproduseer, die GDF-005, wat 'n Gunking 3D-rekenaarbeheerde sig met 'n geïntegreerde laserteikenvinder en digitale beheerstelsel gebied het.

Die kanonne word gewoonlik deur 'n 5-ton 6×6 trok vervoer.

Verwysings

Kategorie:Wapentuig