Die Thyshoogte is 'n pas op die R356-grondpad van Ceres via Sutherland en Fraserburg na Loxton en gaan oor die Gousblomhoogte in die Koedoesberge. Dit is net noordoos van die Jukhoogte.
Hierdie pas bereik 'n hoogte van 966 m en 'n steilte van 1:4.
Dit vorm die grens tussen die Wes-Kaap en die Noord-Kaap. Hierdie roete in die suidelike deel van die Tankwa-Karoo is deel van die historiese Vergete Grootpad.
Bibliografie Slingsby, Peter: Tankwa-Karoo & the Roggeveld Escarpment. Slingsby Maps, 2018. www. slingsbymaps.com
Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Noord-Kaap Kategorie:Wes-Kaap