’n Dermpoliep of kolorektale poliep is ’n poliep (groeisel) wat in die wand van die kolon of rektum voorkom. Poliepe wat nie behandel word nie, kan in kolorektale kanker ontwikkel.

Dermpoliepe word dikwels geklassifiseer volgens hul gedrag (kwaadaardig, voorkwaadaardig of niekwaadaardig) en/of oorsaak (byvoorbeeld weens ingewandsontsteking).

Simptome Dermpoliepe word gewoonlik nie met simptome verbind nie. Wanneer simptome wel voorkom, is dit rektale bloeding, bloed in die stoelgang, maagpyn en moegheid. ’n Verandering in toiletgewoontes kan voorkom, soos hardlywigheid en diarree. Soms wanneer die poliep groot genoeg is om ’n obstruksie te veroorsaak, kan naarheid, vomering en kwaai hardlywigheid voorkom.

Opsporing en behandeling Dermpoliepe is óf gesteeld (met ’n steel aan die kolon se wand vas) óf sessiel (groei uit die wand self). Hulle kan opgespoor word met ’n kolonoskopie, sigmoïdoskopie, fekale okkultbloedtoets, DNS-toets van die stoelgang, digitale rektumondersoek of barium-enema.

Hulle kan tydens ’n kolonoskopie of sigmoïdoskopie verwyder word deur hulle uit te sny of brand. Poliepe wat moeilik is om te hanteer omdat hulle byvoorbeeld plat teen die kolon se wand lê, kan endoskopies verwyder word met ’n tegniek bekend as endoskopiese uitsnyding – ’n vloeistof word onder die groeisel gespuit om dit te lig en chirurgie te vergemaklik.

Bogenoemde tegnieke kan gebruik word as ’n alternatief vir ’n veel ingrypender kolektomie."How I Do It" — Removing large or sessile colonic polyps. Brian Saunders; St. Mark’s Academic Institute; Harrow, Middlesex, VK. URL besoek op 9 April 2008.

Verwysings

Eksterne skakels "How I Do It" — Removing large or sessile colonic polyps. Dr. Brian Saunders MD FRCP; St. Mark’s Academic Institute; Harrow, Middlesex, VK. URL besoek op 9 April 2008. http://www.netdoctor.co.uk/diseases/facts/colonpolyps.htm http://www.clevelandclinic.org/registries/inherited/jp.htm Poliepe: verduideliking en risiko's 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Kanker Kategorie:Mediese prosedures Kategorie:Siektes