Kolinda Grabar-Kitarović (uitgespreek [kȏlǐndǎ gr̩abâr̩ kitǎːr̩oʋit͡ɕ]; gebore 29 April 1968) is 'n Kroatiese politikus wat van 19 Februarie 2015 tot 5 Januarie 2020 as die 4de President van Kroasië gedien het.

Van 2011–2014 het sy as Assistentsekretaris-generaal van Openbare Diplomasie by NAVO gedien, onder sekretarisse Anders Fogh Rasmussen en Jens Stoltenberg. Sy was die eerste vrou om in die pos aangestel te word. Voorheen was sy die Minister van Buitelandse Sake van Kroasië (2005–2008) in die kabinet van Ivo Sanader, en Kroasië se ambassadeur in die Verenigde State van Amerika van 2008 tot 2011.

Grabar-Kitarović was 'n lid van die konserwatiewe Kroaties Demokratiese Unieparty vanaf 1993 tot 2015 en een van drie Kroatiese lede van die Trilaterale Kommissie. Sy het uit beide posisies bedank om die president van Kroasië te word.http://www.index.hr/vijesti/clanak/kolinda-vise-nije-clanica-rockefellerove-trilaterale--jedne-od-najmocnijih-grupa-na-svijetu/813710.aspx

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Kroate Kategorie:Presidente van Kroasië