duimnael|links|Ou Nederlandsche Bank duimnael|Ingang van die ou Nederlandse Bankgebou in Pretoria met tulpmotiewe in Jugendstil-styl.
Die Ou Nederlandsche Bank, langs Kerkplein, Pretoria, is ontwerp deur die Nederlandse argitek Willem de Zwaan. Die gebou is op 2 Desember 1897 in gebruik geneem. Die grondvloer is gebruik deur die Nederlandsche Bank en Crediet Vereeniging terwyl die eerste vloer beset was deur die 'Zuid-Afrikaansche Fabrieken voor Ontplofbare Stoffen'. Die ontwerp is in die Vlaamse Neorenaissance-styl gedoen, met 'n tipiese trapgewel en verchroomde omsoming ('speklaag').UP Repository: Old Netherlands Bank building, Church Square, Pretoria, South Africa, Besoek op 29 Desember 2014
Die Ou Nederlandsche Bank is as 'n Provinsiale Erfenisterrein verklaar en word ingevolge Artikel 34 van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (Wet 25 van 1999) beskerm, aangesien dit ouer as 60 jaar is.SAHRA: Nederlandsche Bank Building Church Square Pretoria, Besoek op 29 Desember 2014
Verwysings
Kategorie:Erfenishulpbronne in Suid-Afrika Kategorie:Geboue en strukture in Pretoria Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika