duimnael|200px|regs|Lady Florence Phillips.
Lady Florence Phillips (gebore Dorothea Sarah Florence Alexandra Ortlepp, Kaapstad, Kaapkolonie, 14 Junie 1863 – Vergelegen, Somerset-Wes, Kaapland, Suid-Afrika, 23 Augustus 1940) was ’n weldoener, gasvrou, skryfster, bevorderaar van Suid-Afrikaanse kuns en die eggenote van die mynmagnaat sir Lionel Phillips, wie se rykdom dit vir haar moontlik gemaak het om tallose projekte óf self aan te pak óf ander aan te spoor om dit aan te voor. Genl. Jan Smuts het haar op haar begrafnis beskryf as “no ordinary woman” en bygevoeg: “Sy en haar man was van die mees vooraanstaande en uitsonderlike persoonlikhede wat die Rand en die nuwe Suid-Afrika opgebou het, en sy laat ’n groot indruk na.” Art Times . URL besoek op 3 Mei 2016.
"Lady Florence Phillips het ’n oorheersende rol in die geskiedenis Suid-Afrika gespeel," skryf dr. Thelma Gutsche in die biografie No ordinary woman. The life and times of Florence Phillips. "Sy was ’n baanbreker van die diamant- en goudveld, en het vier oorloë, twee revolusies en die Jameson-inval beleef. Gutsche, dr. Thelma. 1966. No ordinary woman. The life and times of Florence Phillips. Cape Town: Howard Timmins. Saam met ander mynmagnate was sy verantwoordelik vir die eerste versameling kunswerke, Kaapse meubels en ’n argitektuurbiblioteek in Johannesburg. Van der Waal, Gerhard-Mark. 1986. Van mynkamp tot metropolis. Die boukuns van Johannesburg, 1886–1940. Johannesburg: Chris van Rensburg Publikasies (Edms.) Beperk. Sy het die leeueaandeel gehad in die oprigting van die Johannesburgse Kunsmuseum, Malan, D.G. (voorsitter: redaksiekomitee). 1986. Johannesburg eenhonderd jaar. Johannesburg: Chris van Rensburg Publikasies (Edms.) Beperk. wat haar geesteskind was Picton-Seymour, Désirée. 1989. Historical buildings in South Africa. Cape Town: Struikhof Publishers. en ’n belangrike mylpaal in die kunslewe en kulturele opvoeding van die Goudstad se publiek. Van der Waal, Gerhard-Mark. 1986. Van mynkamp tot metropolis. Die boukuns van Johannesburg, 1886–1940. Johannesburg: Chris van Rensburg Publikasies (Edms.) Beperk. Ook het sy onder meer ’n bydrae gelewer tot die stigting Suid-Afrika se eerste nasionale botaniese tuin, Kirstenbosch, die fakulteit argitektuur aan die Universiteit van die Witwatersrand, die totstandkoming van die museum in die Koopmans-de Wet-huis en die daarstelling van die Michaelis-versameling in die Burgerwaghuis aan Groentemarkplein. De Kock, W.J. en Krüger, D.W. (hoofreds.). 1972. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel II. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.
Sy het immigrasie na Suid-Afrika aangemoedig deur haar betrokkenheid by die 1820 Settlers Monument Association Potgieter, D.J. (editor-in-chief). 1973. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery. en was die dryfveer vir die restourasie van Vergelegen, Somerset-Wes, die eiendom wat W.A. van der Stel aanvanklik ontwikkel het." Gutsche, Thelma. 1966. No ordinary woman. The life and times of Florence Phillips. Cape Town: Howard Timmins. Van haar ander bydraes was die reël van 'n kuns-en-kunsvlyt-uitstalling in Milnerpark, Johannesburg, in 1905, die aankoop en restourasie van die Martin Melch-huis in Kaapstad, die aanstelling van die jong J.M. Solomon as die Universiteit van Kaapstad se argitek, 'n projek wat hom tot selfdood gedryf het, en die oprigting van 'n kunsskool in die Goudstad. Besonderhede oor Florence Phillips op die webtuiste Artefacts.co.za . URL besoek op 2 Mei 2016.
Lewensloop Herkoms duimnael|links|240px|'n Toneel in Kirstenbosch, Suid-Afrika se oudste nasionale botaniese tuin, gestig deur die toedoen van lady Florence.
duimnael|230px|regs|Skildery van Lady Phillips in 1903, deur Giovanni Boldini.
duimnael|regs|200px|Die Phillipse se graf in die Brixton-begraafplaas, Johannesburg. Hulle is hier begrawe al is albei in Vergelegen by Somerset-Wes oorlede.
Florence Phillips was die enigste dogter van Albert Frederick Ortlepp, landmeter en natuurvorser en sy vrou Sarah Walker, albei van Colesberg. Sy besoek eers 'n privaat skool in Rondebosch en daarna die Damesinstituut (tans Eunice) in Bloemfontein. Sy sluit by haar ouers op die diamantvelde van Kimberley aan waar sy saam met hulle in armoede lewe.
Huwelik met Lionel Phillips In Kimberley ontmoet sy Lionel Phillips (1855–1936), die seun van ’n minder gegoede Joodse handelaar wat in 1875 uit sy geboortestad, Londen, na die diamantveld gekom en in diens getree het by Joseph B. Robinson as sorteerklerk en uitgewer van sy koerant, The Independent, waarvoor hy versies en berigte bydra. Hy sou later ’n skatryk mynmagnaat en politikus word en is in 1912 tot ridder geslaan. Florence en Lionel trou op 22 Augustus 1885 op Beaconsfield by Kimberley. Die egpaar het drie kinders gehad, onder wie 'n seun, Harold.
Lionel Phillips is die eerste keer finansieel geruïneer die jaar voor sy troue met Florence toe die diamantmark in duie stort terwyl hy met vakansie is in Engeland. Daarna het hy vervoerwerk op Kimberley onderneem. Ná hul troue is hy weereens geruïneer, dié keer weens die stygende koste van vervoer en materiaal, maar danksy sy kennis van die mynbou, onkreukbaarheid en werkkrag stel die firma French & d'Esterre hom as bestuurder aan. Hierna help hy met die amalgamasie van Griekwaland-Wes se diamantmyne onder De Beers se beskerming. Sy eie maatskappy bly ook in die slag, waarna hy werkloos was, maar gelukkig vir die jong Phillips-egpaar het Lionel intussen bevriend geraak met Alfred Beit en Cecil John Rhodes. So kry hy werk by Wernher, Beit & Kie.
Verhuising na Johannesburg In 1889 verhuis Florence, haar man en twee babaseuntjies per koets na die Witwatersrand waar hy ’n betrekking aanvaar as mynkonsultant by die firma Herman Eckstein & Kie., waarin Beit die beherende aandeel besit het en wat Wernher, Beit en Kie. gestig het om hul goudbelange te behartig. Danksy ’n vinnige verbetering in haar man se geldelike omstandighede kon Florence Phillips vanaf 1887 wyd reis. Veral nadat hy Eckstein in 1892 as voorsitter van die Kamer van Mynwese opgevolg het, het Florence ’n bekende gasvrou in Johannesburg geword. Hy het spoedig ’n vennoot geword in die firma en later voorsitter van wat bekend sou word The Corner House, een van die sterkste myngroepe in Suid-Afrika. Gutsche, dr. Thelma in: De Kock, W.J. en Krüger, D.W. (hoofreds.). 1972. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel II. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.
Jameson-inval en verbanning Florence se man het in die jong Johannesburg ’n vooraanstaande en uitgesproke figuur in die Uitlanderbeweging geword en sterk standpunt ingeneem teen die Transvaalse regering van pres. Paul Kruger. Ná die Jameson-inval het dit duidelik geword hoe intiem hy by die Reformers' Movement betrokke was. Terwyl Florence op reis was, het Lionel in Johannesburg gewag op die Jameson-inval; moontlik het hy gewag op die regte oomblik waarop hy die verwagte opstand aan die Rand kon lei. Sy moes haar na Johannesburg terughaas toe haar man hom op 10 Januarie 1896 oorgee en skuldig pleit. Regter Reinhold Gregorowski het hom en talle ander opstandelinge die doodstraf opgelê weens hoogverraad omdat hulle die ZAR se regering omver wou werp, maar pres. Kruger het hul vonnis versag tot ’n boete van £25 000. Florence en haar man het hulle nou in ’n moeilike situasie in die Goudstad bevind, want hy is gewaarsku om hom van alle politieke aktiwiteite te weerhou; so nie sou hy verban word uit die ZAR.
Einde 1896, skaars 11 maande nadat hy beboet en gewaarsku is om die politiek te los, het Lionel Phillips ’n berig in die nuusblad Nineteenth Century gepubliseer wat daartoe gelei het dat hy verban is. Florence het hom daarna vergesel toe hy uitwyk na sy geboorteland, waar hulle herehuise ingerig het in Hampshire (Tylney Hall) sowel as Londen. In dié tyd het sy en haar man mildadige weldoeners van kuns en kunsvlyt geword. In 1899 het Florence se eerste en omstrede boek verskyn, Some South African recollections, wat die gemoedere gaande gemaak het.
Terug na Suid-Afrika Ná die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902), wat die Kruger-bewind verpletter het, is Lionel Phillips deur Beit en Julius Wernher oorreed om in die belang van die firma terug te keer na die Witwatersrand. Blykbaar was dit eers in 1909, want in 1905 het Florence op besoek aan Suid-Afrika dr. Rudolf Marloth opdrag gegee om die monumentale Flowers of South Africa te onderneem, wat eindelik tussen 1913 en 1932 in ses boekdele verskyn het. Ná hul terugkeer in Suid-Afrika het Lionel opnuut ’n belangrike rol in die ontwikkeling van die mynbou gespeel – hy is byvoorbeeld herverkies as voorsitter van die Kamer van Mynwese – en sy vrou in die sosiale en kultuurlewe van die stowwerige Goudstad. Een van haar vernaamste tydverdrywe was die versameling van skilderye en kunsvoorwerpe vir die kunsmuseum wat sy in gedagte gehad het.
Ná Uniewording duimnael|regs|270px|Deur lady Florence se toedoen het die Michaelis-versameling tot stand gekom. Vir die huisvesting daarvan het sy die Burgerwaghuis aan Groentemarkplein in Kaapstad laat herontwerp en restoureer.
duimnael|links|200px|Portret van lady Florence, olie op doek, deur Antonio Mancini (1852–1930). In besit van die Johannesburgse Kunsmuseum.
Die eerste verkiesing vir die Volksraad ná Uniewording is op 15 September 1915 gehou toe Lionel Phillips as kandidaat van die Unionisteparty in Yeoville staan. Met sy 1 658 stemme (75,6%) vergeleke met die 534 (24,4%) vir W. van Hulsteyn van die Regerende Party het die mynmagnaat ’n wegholoorwinning behaal. Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies. Vroue het eers 20 jaar later stemreg gekry, maar Florence het waarskynlik haar invloed in die eerste Volksraad deur haar man laat geld. Hy is ingehuldig as LV op 1 Oktober 1910 en het in dié hoedanigheid gedien tot 23 Augustus 1915. In dié tyd was die Unioniste die amptelike opposisie. Lionel Phillips is as vooraanstaande deskundige van die goudmynbou beskou en het as die onbestrede leier en woordvoerder van die mynbedryf opgetree. In 1912 is Lionel tot ridder geslaan en het die titel 1ste baronet van Tylney Hall (na die egpaar se herehuis in Hampshire) gekry. Voortaan sou hy dus sir Lionel wees en sy vrou lady Florence.
In 1915 (sommige bronne gee 1914 aan, maar hy was toe nog LV) het die Phillipse opnuut na Londen verhuis waar sir Lionel die pos van besturende direkteur van Central Mining Company sou beklee. Tydens die Eerste Wêreldoorlog is hy as die Britse regering se raadgewer oor die metaalbedryf aangestel. Ook in dié tyd (1917) het hy die plaas Vergelegen by Somerset-Wes vir sy vrou gekoop, moontlik met die oog op hul aftrede omdat hy toe reeds 61 of 62 jaar oud was. In 1924 het die egpaar na Suid-Afrika teruggekeer nadat hul Johannesburgse herehuis, Villa Arcadia, reeds ’n jaar of twee vantevore verkoop is. Genl. Jan Smuts, met wie se Suid-Afrikaanse Party die Unionisteparty in 1920 saamgesmelt het, het in 1923 ’n Joodse kinderhuis daarin ingewy.