Noersoeltan Abisjewitsj Nazarbajef (Kasaks: Nursultan Ábishuly Nazarbaev; gebore 6 Julie 1940) is die president van Kasakstan. Xinhua News Agency Nazarbajef is sedert Kasakstan se onafhanklikheid van die Sowjetunie in Desember 1991 die president, maar is al vanaf 1989 die land se leier. Hy was aanvanklik die Eerste Sekretaris van die Kommunistiese Party van die Kazachstanse Sosialistiese Sowjetrepubliek. In April 2011 is Nazarbajef vir 'n verdere vyf jaar herkies. In Februarie 2014 het hy voorgestel dat Kasakstan se naam na "Kazakh Eli" verander word. http://www.bbc.com/news/blogs-news-from-elsewhere-26082740
duimnael|links|Nazarbajef op 'n Kasakse posseël. Op 20 Maart 2019 het Noersoeltan Nazarbajef as president van Kasakstan bedank en is deur sy partygenoot Kassym-Jomart Tokajef opgevolg. Gelyktydig is die land se hoofstad Astana na Noersoeltan hernoem.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Kasakstanners Kategorie:Presidente Kategorie:Diktators Kategorie:Geboortes in 1940 Kategorie:Lewende mense