Hierdie artikel handel oor die hoofstad van Nieu-Seeland. Vir plekke elders met dieselfde naam, sien die dubbelsinnigheidsblad by Wellington. Wellington (Engels)Te Whanganui-a-Tara / Pōneke (Maori) 300px|senter|Besienswaardighede van Wellington Byname: Windy Wellington, Wellywood Leuse: Suprema a Situ ("Hoogste deur posisie") Ligging 100px|senter|Kaart van Nieu-Seeland 100px|senter|Voorstede van Wellington Vlag en wapen 100px|senter 100px|senter Basiese gegewens Stigting: 1839 (Europeërs) Bevolking: 212 849 (Desember 2023) Oppervlakte: 289,91 km² Bevolkingsdigtheid: 734,2/km² Gemiddelde inkomste: NZ$51 008 miljard (Wellington-streek, 2024) Per kapita: NZ$92 776 (Wellington-streek, 2024) Geografiese ligging: Tydsone: UTC +12 (NZST) Somertyd: UTC +13 (NZDT) Amptelike webwerf: wellington.govt.nz Administratiewe verdeling Land: Eiland: Noordeiland Streek: Wellington Distrikte: Wellington City Porirua Upper Hutt Lower Hutt Burgemeester: Tory Whanau (Groen) Adjunkburgemeester: Laurie Foon
Wellington (Engels: [ˈwɛlɪŋtən]; Māori: Te Whanganui-a-Tara, [tɛ ˈɸaŋanʉi a ˈtaɾa], of Pōneke, [ˈpɔːnɛkɛ], ) is die hoofstad van Nieu-Seeland en is die tweede grootste stedelike gebied in die eilandstaat asook die mees bevolkte nasionale hoofstad in Oseanië en die suidelikste ter wêreld. Die stad is geleë in die Wellington-streek aan die suidelike punt van die Noordeiland, naby die geografiese middelpunt van die land.
duimnael|links|'n Panoramiese aansig van Wellington Soos baie ander stede strek die gebied wat die stad in beslag neem verder as die grense van die plaaslike munisipaliteit. Groter Wellington of die Wellington-streek word gebruik om na die hele stedelike gebied te verwys, asook die landelike dele van die stad, die Kapiti-kus en verby die Rimutaka Range tot by Wairarapa.
Naam duimnael|links|Lambton Harbour, Port Nicholson, ca. 1840 Die stad Wellington is vernoem na Arthur Wellesley, die eerste Hertog van Wellington en die oorwinnaar in die Slag by Waterloo. Die hertog se titel is afkomstig van die dorp Wellington in die Engelse graafskap Somerset.
In die taal van die Maori's, die inheemse volk van Nieu-Seeland, het die stad drie name: Te Whanganui-a-Tara verwys na die hawe van Wellington en beteken "die groot hawe van Tara"; Pōneke is 'n transliterasie van "Port Nick" (kort vir "Port Nicholson") en Te Upoko-o-te-Ika-a-Māui (soms verkort na Te Upoko-o-te-Ika), wat beteken "die kop van die vis van Māui"). Die laaste naam is meer tradisioneel en verwys na die legende waarin die Noordeiland uitgevis is deur die halfgod Māui Tikitiki-a-Taranga.
Sport duimnael|links|Die Westpacstadion Wellington beskik met Basin Reserve oor 'n belangrike toetskrieketstadion. Beide die Nieu-Seelandse nasionale krieketspan en die Nieu-Seelandse nasionale vrouekrieketspan speel van hulle tuiswedstryde in die stad. Basin Reserve het onder andere wedstryde tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 1982 en 2022, asook die Krieketwêreldbeker 1992 gehuisves, terwyl die Westpacstadion tydens die Krieketwêreldbeker 2015 gebruik is.
In rugby word Wellington tydens Superrugby deur die Hurricanes verteenwoordig wat sy tuiswedstryde op die Westpacstadion speel. Dié stadion is ook tydens die Rugbywêreldbeker 2011 gebruik, terwyl tydens die Rugbywêreldbeker 1987 wedstryde op Athletic Park aangebied is. In Wellington speel beide die All Blacks en Black Ferns van hulle tuiswedstryde op die Westpacstadion.
Wellington was ook een van die Nieu-Seelandse gasheerstede tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2023.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van Wellington se stadsraad
Ensiklopediese inligting
Toerisme
Amptelike toerismewebwerf
Kategorie:Kusstede