Die Klas 24 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is op sylyne. Hierdie klas het geen subklasse nie. Die lokomotief is in 1948 in diens gestel en is ontwerp vir die ligter 40-pond spore. Daar is 100 van die lokomotiewe deur North British Locomotive Company (NBL) gebou. Kenmerkend van die klas was die Vanderbilt silindriese kolewa. Hierdie klas was toegerus met Walschaerts-klepratwerk en die standaard Nr. 1 stoomketel.
Die meeste van die lokomotiewe was geoormerk om in die destydse Suidwes-Afrika diens te doen, waar daar heelwat van die 40-pond spoorlyne was.
Die bekendste modelle van die klas is Tootsie en Rosie wat op die George—Knysna-trajek diens gedoen het.
Galery
Sien ook Outeniqua Choo-Tjoe
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine