Yellowstone- Nasionale Park (Engels: Yellowstone National Park) is 'n nasionale park in die deelstaat Wyoming, Verenigde State, wat in 1978 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys is. Die park is op 1 Maart 1872 geproklameer nadat die Amerikaanse Kongres 'n wet goedgekeur het en dit deur president Ulysses S. Grant onderteken is. Die park is 3 472 vierkante myl groot en klein gedeeltes lê ook in Montana en Idaho. Die park is onder meer bekend vir sy geisers, warmwaterbronne en moddervulkane. Die Yellowstonerivier vloei in die Yellowstone Canyon deur die park en vloei ook deur die Yellowstonemeer. Old Faithful is een van die bekendste geisers in die park.

Fotogalery

Bron Collier's Encyclopedia Volume 23, bladsy 691

Eksterne skakels

Webtuiste van die Yellowstone- Nasionale Park Webtuiste oor Yellowstone

Kategorie:Nasionale parke van die Verenigde State van Amerika Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Wyoming