Die NG gemeente Muldersdrif is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Sinode van Wes-Transvaal).
Die gemeente is gestig in 1962. Die kerkgebou is geleë op die hoek van Beyers Naudélaan en die N14-snelweg, Muldersdrift. Tans in 2020 is die leraars di. C.B. Kloppers en S. Redelinghuys. Daar is tot dusver 282 doop- en 785 belydende lidmate.
Bronne Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.
Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika