duimnael|260px|’n Kunstenaarsvoorstelling van die hoogtepunt van die laaste glasiale tyd. Gebaseer op: "Ice age terrestrial carbon changes revisited" deur Thomas J. Crowley (Global Biogeochemical Cycles, Vol. 9, 1995, pp. 377-389).
Die Kwartêre Ystydperk (ook bekend as die Kwarternêre, Pleistoseen- of huidige ystydperk) is die ystydperk wat die hele Kwartêr omvat (van 2,58 miljoen jaar gelede tot die hede) en gekenmerk word deur permanente ysbedekkings op Antarktika en Groenland en die periodieke voorkoms van groot ysbedekkings in Noord-Amerika en Eurasië. Die Kwartêre Ystydperk bestaan uit 'n reeks alternatiewe glasiale en interglasiale tye wat oor die Kwartêr strek en steeds voortduur.
Hoewel geoloë die hele tydperk tot tans as 'n "ystydperk" beskryf, verwys dit in die volksmond gewoonlik na die laaste glasiale tyd, of na die Pleistoseen in die algemeen. Aangesien die Aarde steeds ysplate op die pole het, beskou geoloë die Kwartêre Ystydperk as steeds voortdurend, hoewel diie Aarde tans in 'n interglasiale, of warmer, tyd is.
In die Kwartêre Ystydperk het ysplate hulle verskyning gemaak; hulle het tydens glasiale tye groter en tydens interglasiale tye kleiner geword. Sedert die einde van die laaste glasiale tyd het net die ysplate op Antarktika en Groenland oorgebly, terwyl ander ysplate wat tydens die glasiale tye gevorm het, heeltemal gesmelt het.
Die grootste invloede van die Kwartêre Ystydperk is die kontinentale erosie van die grond en die deposito van materiaal; die verandering van die rivierstelsels; die vorming van miljoene mere; veranderings in seevlakke; die isostatiese verandering van die aardkors; oorstromings; en abnormale winde. Die ysplate self, wat die albedo van die Aarde in die ruimte verhoog, verkoel die klimaat verder. Dié invloede het land- en see-omgewings en biologiese gemeenskappe gevorm.
Lank voor die Kwartêre Ystydperk het ys op die aarde gedurende minstens vier ander ystydperke verskyn en verdwyn.
Ontdekking Begrip vir die Kwartêre Ystydperk is in die 18de en 19de eeu die eerste keer verkry as deel van die wetenskaplike omwenteling.
Oor die afgelope eeu het uitgebreide veldwaarnemings bewyse gelewer dat kontinentale gletsers groot dele van Europa, Noord-Amerika en Siberië bedek het. Kaarte van glasiale eienskappe is opgestel ná baie jare van veldwerk deur honderde geoloë om die rigting van die ysplate se beweging te bepaal. Selfs voordat die teorie van 'n wêreldwye verysing algemeen aanvaar is, het baie waarnemers besef die uitbreiding en krimping van ysplate het meer as een keer plaasgevind.
Beskrywing thumb|240px|'n Grafiek van herstruktueerde temperatuur (blou), CO2 (groen) en stof (rooi) van die Wostokstasie-yskern vir die afgeope 420 000 jaar.
Vir geoloë is die definisie van 'n ystydperk die teenwoordigheid van groot hoeveelhede landgebaseerde ys. Voor die Kwartêre Ystydperk het landgebaseerde ys gedurende minstens vier vorige geologiese tydperke gevorm: die Karoo- (360-260 miljoen jaar gelede), die Andes-Sahara- (450-420 miljoen jaar gelede), Kriogeniese (720-635 miljoen jaar gelede) en Paleoproterosoïese verysing (2 400-2 100 miljoen jaar gelede).
Binne die Kwartêre Ystydperk was daar ook periodieke wisselings in die totale volume landys, die seevlak en globale temperature. Gedurende die kouer tye, wat glasiale tye genoem word, het groot ysplate van tot 4 km dik dele van Europa, Noord-Amerika en Siberië bedek. Die korter, warm tye tussenin wanneer kontinentale ysplate krimp, word interglasiale tye genoem.
Aanvanklik was die sikluslengte tussen glasiale en interglasiale tye sowat 41 000 jaar, maar ná die middel-Pleistoseen sowat 'n miljoen jaar gelede het dit verlangsaam tot sowat 100 000 jaar. Oor die afgelope 740 000 jaar was daar agt glasiale siklusse.
Die hele Kwartêr, wat 2,58 miljoen jaar gelede begin het, word 'n ystydperk genoem omdat minstens een permanente groot ysplaat – die Antarktiese ysplaat – in dié tyd bestaan het. Daar is onsekerheid oor hoeveel van Groenland in elke interglasiale tydperk met ys bedek was.
Die Aarde is op die oomblik in 'n interglasiale tydperk, die epog Holoseen, wat 15 000 tot 10 000 jaar gelede begin het; dit het veroorsaak dat die ysplate van die laaste glasiale tyd geleidelik gesmelt het. Die oorblywende gletsers, wat nou sowat 10% van die Aarde se oppervlak bedek, kom voor op Groenland, Antarktika en sommige bergstreke.
Gedurende die glasiale tye was die seevlak sowat 120 m laer as tans weens die volume ys op land.
Oorsake Die Aarde se geskiedenis van ysvorming is 'n produk van die interne veranderlikheid van die planeet se klimaatstelsel (byvoorbeeld seestrome en die koolstofsiklus) wat in 'n wisselwerking is met eksterne faktore buite die klimaatstelsel (byvoorbeeld veranderings in die aarde se wentelbaan, vulkanisme en veranderings in die Son se uitset).
Astronomiese siklusse Die rol van die veranderings in die Aarde se wentelbaan in die klimaat is in die laat 19de eeu die eerste keer deur James Croll genoem.Discovery of the Ice Age Later het die Serwiese geofisikus Milutin Milankovic op die teorie uitgebrei en bereken dié onreëlmatighede kan die kimaatsiklusse veroorsaak wat nou as die Milankovic-siklusse bekend is.EO Library: Milutin Milankovitch Dit is die gevolg van die toevoegende optrede van verskeie soorte siklusveranderings in die Aarde se wentelbaaneienskappe.
thumb|240px|Die verhouding van die Aarde se wentelbaan tot tydperke van ysvorming. Eerstens kom veranderings in die Aarde se baaneksentrisiteit in 'n siklus van sowat 100 000 jaar voor. Tweedens wissel die Aarde se baanhelling tussen 22° en 24,5° in 'n siklus van 41 000 jaar lank. Die helling van die aardas is verantwoordelik vir die seisoene; hoe groter die helling, hoe groter is die kontras tussen somer- en wintertemperature. Derdens het die presessie van die nagewenings, of die geslinger in die aarde se draaias, 'n periodisiteit (herhaling) van 26 000 jaar. Volgens die Milankovic-teorie veroorsaak dié faktore 'n periodieke afkoeling van die Aarde, met die koudste deel in die siklus wat elke sowat 40 000 jaar voorkom. Die belangrikste uitwerking van die Milankovic-siklusse is om die kontras tussen die seisoene te verander, en nie die jaarlikse hoeveelheid sonhitte wat die aarde ontvang nie. Die gevolg is dat meer ys vorm as smelt, en dit lei tot ysvorming.
Milankovic het die idees van klimaatsiklusse in die 1920's en 1930's uitgewerk, maar 'n lang en gedetailleerde chronologie van die Kwartêre temperatuurveranderings is eers in die 1970's uitgevoer om die teorie genoegsaam te toets.EO Library: Milutin Milankovitch Page 3 Studies van die diepseesentrums en hulle fossiele dui aan die wisselings in die klimaat in die afgelope paar honderdduisend jaar is merkwaardig naby aan dié wat deur Milankovic voorspel is.
Atmosferiese samestelling Volgens een teorie het afnames in atmosferiese koolstofdioksied, 'n belangrike kweekhuisgas, die afkoelingneiging op lang termyn begin wat eindelik gelei het tot die vorming van kontinentale ysplate in die Arktika. Geologiese bewyse dui op 'n afname van meer as 90% in die atmosferiese sedert die middel van die Mesosoïese Era. 'n Ontleding van -rekonstruksies wys in die atmosfeer het afgeneem voor en gedurende Antarktiese ysvorming, en steun 'n aansienlike afname in die gas as die hoofoorsaak daarvan.
Vlakke van speel 'n belangrike rol in die oorgange tussen glasiale en interglasiale tye. 'n Hoë inhoud stem ooreen met warm interglasiale tye, en lae vlakke met glasiale tye. Ander studies dui daarop dat dalk nie die hoofoorsaak van die oorgange is nie, maar eerder 'n gevolg daarvan. Die verduideliking van dié wisselende -vlakke bly 'n moeilike probleem.
Plaattektoniek en seestrome 'n Belangrike komponent in die ontwikkeling van ystydperke op lang termyn is die posisie van die kontinente.Glaciers and Glaciation Dit kon die sirkulasie van die oseane en die atmosfeer beïnvloed het, byvoorbeeld hoe seestrome hitte na groot hoogtes oordra. Deur die grootste deel van die geologiese tyd was die Noordpool blykbaar in 'n breë, oop oseaan wat meegebring het dat groot seestrome onverpoos beweeg het. Ekwatoriale waters het in die poolstreke ingevloei en hulle verhit. Dit het gematigde, uniforme klimate veroorsaak wat deur die grootste deel van die geologiese tyd voortgeduur het.
Tydens die Kainosoïese Era het die groot Noord- en Suid-Amerikaanse kontinentale plate weswaarts van die Eurasiese plaat af gedryf. Dit het ingegryp in die ontwikkeling van die Atlantiese Oseaan, wat noord-suid geloop het, met die Noordpool in die klein, byna landingeslote bekken van die Arktiese Oseaan. Die Drakestraat het 33,9 miljoen jaar gelede geopen (die Eoseen-Oligoseen-oorgang), en dit het Antarktika van Suid-Amerika afgesny. Die Antarktiese Sirkumpolêre Stroom kon toe daardeur vloei, en dit het Antarktika geïsoleer van die warm waters. Dit het die vorming van sy groot ysplate tot gevolg gehad.
Die verswakking van die Noord-Atlantiese Stroom omstreeks 3,65 tot 3,5 miljoen jaar gelede het gelei tot die verkoeling van die Arktiese Oseaan. Dit het later in die Plioseen die ontwikkeling van Arktiese see-ys en die vorming van kontinentale gletsers veroorsaak. Die Panamalandengte het sowat 2,6 miljoen jaar gelede by 'n konvergerende plaatrand ontwikkel, en dit het oseaniese sirkulasie verder afgesonder en die laaste seestraat buite die poolstreke gesluit wat die Stille Oseaan en die Atlantiese Oseaan verbind het.EO Newsroom: New Images – Panama: Isthmus that Changed the World Dit het die poolwaartse vervoer van sout en hitte laat toeneem en die Noord-Atlantiese termohaliene sirkulasie versterk, wat genoeg vog aan arktiese hoogtes verskaf het om die noordelike ysvorming te laat begin.
Opstoting van berge Die verhoging van kontinentale oppervlakke, dikwels vanweë bergvorming, het vermoedelik bygedra tot die Kwartêre ysvorming. Die geleidelike beweging van die grootste deel van die Aarde se landmassas weg van die tropiese gebiede en die toenemende bergvorming in die laat Kainosoïese Era het meer grond by groot hoogtes tot gevolg gehad, wat die vorming van gletsers bevorder het. Die Groenlandse ysplaat het byvoorbeeld gevorm met die verhoging van die Wes- en Oos-Groenlandse hooglande in twee fases, 10 en 5 miljoen jaar gelede in die Mioseen. Die Andes het tot hoogtes gestyg wat gelei het tot die ontwikkeling van valleigletsers sowat 'n miljoen jaar gelede.
Gevolge Die teenwoordigheid van so baie ys op die kontinente het 'n groot uitwerking gehad op feitlik elke aspek van die Aarde se hidrologiese stelsel. Die sigbaarste hiervan is die asemrowende bergtonele en ander kontinentale landskappe wat gevorm is deur gletsererosie en afsettings, eerder as lopende water. Hele nuwe landskappe oor miljoene vierkante kilometers het in 'n relatief kort tyd ontstaan. Die uitwerking van verysing is regstreeks of onregstreeks in elke deel van die wêreld gevoel.
Mere Die Kwartêre ysvorming het meer mere geskep as al die ander geologiese prosesse saam. Die rede is dat 'n kontinentale gletser die dreineringstelsel heeltemal ontwrig. Die oppervlak waaroor die gletser beweeg het, is deur die ys geskuur en geërodeer, en dit het baie ingeslote, ongedreineerde depressies (holtes) in die rotslaag agtergelaat. Dié depressies is met water gevul en het mere geword.
thumb|220px|'n Skets wat wys hoe die Groot Mere gevorm het. Baie groot mere is aan die rande van die gletsets gevorm. Die ys op Noord-Amerika én Europa was sowat 3 000 m dik naby die middel, maar het vlakker geword na die rande toe. Die gewig van die ys het veroorsaak dat die aardkors gesak het, en dit was die grootste onder die dikste dele van die ys. Toe die ys smelt, het die terugstoot van die kors stadig plaasgevind, en dit het hellings veroorsaak. Dié hellings het bekkens gevorm wat al duisende jare bestaan. Dié bekkens het mere geword wat deur die oesane gevul is. Die OosseePolish Geological Institute en Groot Mere van Noord-Amerika is hoofsaaklik so gevorm.