Walachye (Roemeens: Țara Românească of Valahia; Cyrillies: Цѣра Рȣмѫнѣскъ of Землѧ Ѹгровлахїиска) is ’n historiese en geografiese streek van Roemenië. Dit is noord van die Donou en suid van die Suid-Karpate geleë.
Walachye is in die vroeë 14de eeu as ’n prinsdom gestig. In 1417 het dit die opperheerskappy van die Ottomaanse Ryk aanvaar.Giurescu, Constantin. Istoria Românilor, Vol. I, 5de uitg., Boekarest, 1946 Dit het tot in die 19de eeu geduur, met kort rukke van Russiese besetting tussen 1768 en 1854. In 1859 het Walachye en Moldawië verenig en die basis vir die moderne staat Roemenië gevorm. Transilvanië het later by hulle aangesluit om die nuwe Koninkryk van Roemenië te vorm wat in 1881 gestig is.
Verwysings
Kategorie:Geografie van Roemenië Kategorie:Geskiedenis van Rusland Kategorie:Ottomaanse Ryk