Die Amerikaanse Gewapende Magte (Engels: United States Armed Forces) is die gewapende magte (of weermag) van die Verenigde State van Amerika. Dit bestaan uit die Amerikaanse Leër, Amerikaanse Vloot, Amerikaanse Marinierskorps, Amerikaanse Lugmag, Amerikaanse Ruimtemag en die Amerikaanse Kuswag.

Amerika het 'n sterk tradisie van siviele beheer oor hul weermag. Die President is die weermag se opperhoof, en help om militêre beleid te vorm saam met die Verenigde State se Departement van Verdediging (DoD). Die DoD se hoof is die V.S. Sekretaris van Verdediging, wat 'n siviele persoon en kabinetslid is. Die Sekretaris van Verdediging is tweede-in-bevel van alle militêre magte, nét na die President, en dien as die hoofassistent van die President in alle verdedigingsake.

Die gewapende magte van die Verenigde State van Amerika is 'n belangrike instrument in die handhawing van die buitelandse beleid van die Verenigde State van Amerika en die globale posisie van die land is van kardinale belang. Die weermag is reeds vir dekades die beste toegerus, en na die Volksbevrydingsleër van die Volksrepubliek China, die tweede grootste militêre mag (personeelgewys) in die wêreld.

Personeel in elke gevegskomponent KomponentMilitêrOnderoffisiereOffisiereManlik VroulikSiviel25x25px Amerikaanse Leër 471 513 376 206 90 785 465 784 69 345 299 64425x25px Amerikaanse Marinierskorps184 427163 09221 335 181 845 15 4551 20 48425x25px Amerikaanse Vloot 325 802 267 286 54 114 265 852 62 168 179 29325x25px Amerikaanse Lugmag 320 811 255 605 61 054 270 462 50 750 174 75425x25px Amerikaanse Kuswag 42 042 32 782 8 239 25x25px Amerikaanse Ruimtemag 2 501 2 411 90 Totaal aktief1 347 106 1 137 916 236 826 1 219 510 210 485 681 23225x25px Amerikaanse Nasionale Leërwag 336 879 291 865 45 014 25x25px Amerikaanse Reserwe Leër 190 699 153 064 37 635 25x25px Amerikaanse Reserwe Marinierskorps 38 473 34 079 4 394 25x25px Amerikaanse Reserwe Vloot 57 650 43 596 14 054 25x25px Amerikaanse Nasionale Lugwag 106 549 91 274 15 275 25x25px Amerikaanse Reserwe Lugmag 68 216 54 658 13 558 25x25px Amerikaanse Reserwe Kuswag 6 142 5 086 1 056 Totale Reserwemagte807 562673 622130 986 Ander DoD Personeel 108 833

Omvang Die ses takke van die gewapende magte beskik oor meer as 1,3 miljoen aktiewe soldate en byna 1,1 miljoen reserviste, wat in die geval van oorlog aangevul word deur die Kuswag. Hulle beskik ook oor meer as 681,000 burgerlike werknemers.Statistical Information Analysis Division Datum: Maart 2010. Die oudste deel is die leër, wat in 1775 gestig is, en die mees onlangse is die Ruimtemag, wat in 2019 onafhanklik geword het.

Volgens onafhanklike bronne en navorsing is bevind dat die Gewapende Magte van die Verenigde State van Amerika die sterkste ter wêreld sou wees. Hierdie impak is gebaseer op die jaarlikse grootste militêre begroting (vergelyking: VSA: meer as VS$ 554 miljard, Duitsland: VS$ 46 miljard) in die wêreld, waarvan die grootste deel gaan vir opleiding, inligtingvloei, netwerking, toerusting en navorsing. Die begroting was in die begrotingsjaar 2013 ongeveer VS$ 554,2 miljard (sowat 4% van die totale BBP).

Baanbrekerswerk in tegniese innovasies en personeel-ontwikkelingsprogramme in die Amerikaanse Weermag word met NAVO-lede en sy bondgenote gedeel, waarvan die VSA en Verenigde Koninkryk die belangrikste lede is.Webtuiste van die Kanadese Vloot . Besoek op 27 Mei 2008.

Doktrine Organisatories is die V.S. Gewapende Magte 'n omskakeling van 'n gelokaliseerde burgermag (geskoei op die Engelse model) tot 'n gesentraliseerde professionele weermag, ook deur herhaalde gevalle van diensplig, en vandag besit dit kenmerke van al drie hierdie werwingsmetodes. Die slaankrag van die Verenigde State se militêre mag was altyd gerig op die belangrikheid wat die Verenigde State van Amerika heg aan buitelandse beleid, sodat gevegsmagte en diplomasie 'n parallelle ontwikkeling ondergaan. Hierdeur was die militêre mag oor dekades lank verantwoordelik vir beide ingryping in die buiteland, en as afskrikmiddel; sedert die land se opkoms as 'n supermoondheid en die handhawing van hierdie status tydens die Koue Oorlog met die Sowjetunie. Benewens die wêreldwye ineenstorting van staatstrukture na die militêre ingryping deur die Verenigde State, is daar ook die voorkoms van asimmetriese oorlogvoering wat die taktiese Amerikaanse magte bevoordeel tydens strategiese uitdagings.

Sien ook Projek Maven

Verwysings

Eksterne skakels

Gewapende Magte Kategorie:Regering van die Verenigde State van Amerika