Die Bubbles Schroeder Storie is 'n Afrikaanse rolprent wat op 12 Junie 1961 vrygestel is. Die rolprent is aanvanklik deur die sensuurraad afgekeur. In 1961 laat hulle die rolprent toe, maar plaas 'n 18-jaar ouderdomsperk daarop.50 jaar gelede, Die Burger, 9 Mei 2011 Teen 19 Junie 1961 het dit groot gehore by inryteaters getrek.50 jaar gelede, Die Burger, 22 Junie 2011

Genre Die rolprent is 'n misdaaddrama.

Hoofrolspelers Barbara Duff as Jacoba “Bubbles” Schroeder André Huguenet David Hattingh Anna Korff Martin Coetzee John Dercksen Hans Kaniuk

Storielyn Die rolprent handel oor die onopgeloste moord van ’n jong Afrikaanse meisie, Bubbles Schroeder. Sy was van Duitse agtergrond en het op Lichtenburg grootgeword. Sy verhuis op 18-jarige ouderdom na Johannesburg, waar sy kort daarna op 2 Augustus 1949 dood aangetref is. Die moord is wyd in die media gerapporteer, maar haar moordenaar is nooit gevind nie.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Kategorie:Misdaadrolprente Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente