Die Akkedisvalk (Kaupifalco monogrammicus) is 'n roofvoël. Dit behoort aan die familie Accipitridae.
Die akkedisvalk kom in tropiese gebiede van Afrika suid van die Sahara voor. Dit kom in die oop bosveld en bou 'n stoknes in die vurk van 'n boom of die kroon van 'n palmboom. Die broeisel is 2 tot 3 eiers.
Die akkedisvalk is 'n kleinerige bonkige roofvoël en ongeveer 36 cm in lengte. Die rugkant, kop en bors is grys. Daar is 'n vertikale swart lyn op die wit keel, wat hierdie spesie van alle ander roofvoëls onderskei. Die pens is wit met fyn donker dwarsstrepe. Die vlerke is wit onder met donker punte. Die stert is swart met 'n wit punt en 'n enkele wit band. Die geslagte lyk eenders.
Die akkedisvalk jag hoofsaaklik reptiele en groot insekte, maar ook klein soogdier en voëls. Dit sit dikwels stil in die kruin van 'n palmboom of op 'n telegraafpaal. Die roep is 'n gefluite kloe-kloe-kloe.
Foto's
Verwysings
Birds of The Gambia by Barlow, Wacher and Disley,
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Eksterne skakels Lizard Buzzard - Species text in The Atlas of Southern African Birds http://avibase.bsc-eoc.org/species.jsp?lang=EN&avibaseid=3EEB66EDF52A873B
Kategorie:Roofvoëls Kategorie:Valke