kykNET NOU! is 'n Afrikaanse TV-kanaal wat gewilde musiekvideo's speel en leefstyl- en geselsprogramme vertoon. Die kanaal is deel van M-Net en word op MultiChoice se DStv-satelliettelevisiediens uitgesaai. Dit is op 13 Oktober 2012 op kanaal 146 geloods as kykNET Musiek. Dit het egter op 3 Augustus 2015 van naam verander na kykNET NOU! toe die programme aansienlik uitgebrei is en ook nie net meer Afrikaanse musiek gewys is nie.

In teenstelling met die Afrikaanse MK-kanaal, wat "rock"- en "urban"-musiek vir die jeugmark uitsaai, fokus kykNET NOU! musiekprogramme op die populêre musiekmark. Gewilde musieksterre soos Kurt Darren, Juanita du Plessis en Bobby van Jaarsveld is hierop te sien.

Sien ook kykNET MK (Musiekkanaal 324) ASTV, TopTV se Afrikaanse TV-kanaal.

Verwysings

Eksterne skakels kykNET se webtuiste

Kategorie:Afrikaanse televisiekanale Kategorie:Suid-Afrikaanse televisiekanale