Die seelt (Tinca tinca) is 'n varswatervis wat natuurlik voorkom in Europa. Die vis is in 1910 vanuit Engeland in Suid-Afrika vrygelaat. In Engels staan die vis bekend as die Tench.

Voorkoms Die vis is olyfgroen of koperbruin tot amper swart en die onderkant is geel. Al die vinne is swart en die vis word tot 640 mm lank. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 1,98 kg.

Habitat Die vis leef in diep water vol plantegroei soos in vleie en moerasse. Hulle kan oorleef in water wat arm is aan suurstof. Die vis is 'n omnivoor en vreet bodem ongewerweldes soos slakke en insekte. Hulle broei in vlak water tussen digte plantegroei. Die vis kom voor in die Breederivier en verskeie damme in die Wes- en Oos-Kaap tot in KwaZulu-Natal.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel

Tinca tinca se inskrywing op FishBase

Kategorie:Beenvisse