20 April is die 110de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (111de in skrikkeljare). Daar volg nog 255 dae.

Gebeure 1455 – Pous Callixtus III word gekroon deur kardinaal Prospero Colonna. 1499 – Swabiese oorlog: Veldslag van Frastenz. Die troepe van die Switserse Bondgenootskap seëvier oor die Oostenrykers. 1546 – Giovanni Angelo Medici (later Pous Pius IV) word tot biskop gewy. 1657 – Jode van New Amsterdam (later New York Stad) verkry vryheid van geloof. 1862 – Die eerste pasteurisasietoets word voltooi deur Louis Pasteur en Claude Bernard. 1902 – Pierre en Marie Curie isoleer radium. 1917 – Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII) word titulêr aartsbiskop van Sardes en nuntius in Duitsland. 1926 – Western Electric en Warner Bros. kondig Vitaphone aan, 'n proses om klank by film te voeg. 1968 – 'n Suid-Afrikaanse Lugdiens Boeing 707, SAL Vlug 228, val tydens opstyging vanaf Windhoek, Suidwes-Afrika en 123 sterf. 1972 – Die ruimtetuig Apollo 16 land op die maan. 1994 – Suid-Afrika se nuwe nasionale vlag word in die Staatskoerant afgekondig en in gebruik geneem. 2001 – Die beweging teen globalisering hou 'n beraad en groot betoging teen die Vrye handelarea van die Amerikas-beraad in Quebecstad, Quebec. 2010 – Die Deepwater Horizon-oliestorting vind plaas in die Golf van Meksiko.

Geboortes 571 – Profeet Mohammed (P.B.U.H.) († waarskynlik 634). 1749 – Jacob Abraham de Mist, staatshoof van die Bataafse Republiek en kommissaris-generaal van die Kaapkolonie († 1823). 1808 – Charles Louis Napoleon Bonaparte, keiser en bekend as Napoleon III van Frankryk († 1873). 1865 – Louis Mann, Amerikaanse akteur († 1931). 1870 – William H. Andrews, die eerste Algemene Sekretaris van die Kommunistiese Party van Suid-Afrika († 1950). 1889 – Adolf Hitler, Duitse politikus en diktator († 1945). 1893 – Joan Miró, Spaans-Katalaanse skilder († 1983). 1893 – Harold Lloyd, Amerikaanse akteur († 1971). 1922 – Klaas Steytler, Suid-Afrikaanse skrywer († 1998). 1927 – Chris Heunis, Suid-Afrikaanse regter, politikus en lid van die Nasionale Party († 2006). 1939 – Gro Harlem Brundtland, politikus en Eerste Minister van Noorweë. 1941 – Ryan O'Neal, Amerikaanse akteur († 2023). 1943 – Edie Sedgwick, Amerikaanse aktrise († 1971). 1949 – Jessica Lange, Amerikaanse aktrise. 1955 – Hans-Peter Künzi, navorser in topologie en kategorieteorie in die wiskundedepartement aan die Universiteit van Kaapstad († 2020). 1964 – Andy Serkis, Engelse akteur. 1976 – Joey Lawrence, Amerikaanse akteur. 1983 – Miranda Kerr, Australiese model en sakevrou. 1991 – Marieke Lucas Rijneveld, Nederlandse skrywer en wenner van die Bookerprys in 2020.

Sterftes 1164 – Teenpous Victor IV (Octavianus) (*1095). 1314 – Pous Clemens V, die 195ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1264). 1893 – Jan Viljoen, pionier, soldaat en jagter (* 1812). 1912 – Bram Stoker, Ierse skrywer (* 1847). 1947 – Christiaan X van Denemarke, latere koning van Denemarke en koning van Ysland (* 1870). 1984 – Fred le Roux, Afrikaanse joernalis, lektor en redakteur (* 1913). 1990 – Hannah du Plessis, Afrikaanse skrywer van liefdesromans (* 1920). 1992 – Benny Hill, Engelse komediant (* 1924). 2001 – Giuseppe Sinopoli, Italiaanse komponis, arts en antropoloog (* 1946). 2016 – Victoria Wood, Britse aktrise (* 1953). 2021 – Idriss Déby, president van Tsjaad (* 1952). 2022 – Robert Morse, Amerikaanse akteur (* 1931). 2024 – Andrew Davis, Engelse dirigent (* 1944).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae "Smoke out", rook dagga dag, in Kanada en die VSA.

Kategorie:April