Albizia is 'n plant genus wat hoort tot die sub-familie Mimosoideae wat op sy beurt weer hoort tot die familie Fabaceae. Hierdie genus is doringloos, vandaar die groepnaam valsdoring, en kenmerkend is die plat, reguit peule, poeierkwasagtige blomme en dubbelveervormige blare.

Spesies Daar is 121 spesies in die genus. Van die spesies is:

Bittervalsdoring (Albizia amara) Bosveldvalsdoring (Albizia harveyi) Breëpeulvalsdoring (Albizia forbesii) Grootblaarvalsdoring (Albizia versicolor) Klipvalsdoring (Albizia brevifolia) Meerstamvalsdoring (Albizia petersiana) Persblaarvalsdoring (Albizia antunesiana) Platkroon (Albizia adianthifolia) Papierbasvalsdoring (Albizia tanganyicensis) Wurmbasvalsdoring (Albizia anthelmintica) Zoeloevalsdoring (Albizia suluensis)

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Peulplante