Die jaar 450 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 50ste jaar van die 5de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Gebeure Marcianus word in Bisantium die nuwe keiser; Pulcheria, Theodosius se suster, besluit om met hom te trou.Attila, King of the Huns: Man and Myth Barnes & Noble Publishing, 1995, , Valentinianus moet in die Weste nou ná Placidia se dood self beslissings neem. Hy besluit om die eise van Attila af te wys. Attila besluit tot oorlog teen die Wes-Romeinse Ryk.

Geboortes Onbekend – Pous Simmachus, die 51ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 514). Onbekend – Pous Hormisdas, die 52ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 523). Onbekend – Justinus I, Bisantynse Keiser († 527)

Sterftes 28 Julie – Theodosius II, keiser van Bisantium (* 401). Onbekend – Nestorius van Konstantinopel, ’n Siriese monnik (* 381). 27 November – Keiserin Galla Placidia.

Verwysings

Kategorie:5de eeu