Ѹ (kleinletter: ѹ) is ’n letter van die Ou Cyrilliese alfabet wat nie meer gebruik word nie. Dit is "oek" genoem en was oorspronklik ’n digraaf (dubbelletter) wat gevorm is met die Cyrilliese О en У. Om plek te bespaar is hulle dikwels bomekaar geskryf. Dit is later deur ’n alleenstaande У vervang.
Я12