Die kleinglansspreeu (Lamprotornis nitens) is 'n spreeu in die familie Sturnidae. Dit kom voor in Angola, Botswana, Eswatini, Gabon, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Republiek die Kongo, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe. In Engels staan dit bekend as die Cape starling of red-shouldered glossy-starling.

Identifikasie Die kleinglansspreeu is gewoonlik so 25 cm groot en weeg tussen 65 tot 112 g. Dit is 'n relatief groot glansspreeu met 'n kort stert wat van die ander blouoorspreeus verskil deurdat dit 'n uniforme glansgroen kop sonder donkerblou dekvere het, plus 'n rooibrons skouerplekkie en glansgroen pens en sye (geen blou of magenta op sye nie). Dit is groter as die swartpensglansspreeu met heelwat helderder, glansender vere, en die pens is glansgroen en nie 'n vaalswart nie. Die jong voël is valer en het strooigeel oë (nie helder oranjegeel nie).

Habitat Die kleinglansspreeu woon in savanne, gemengde bosgebied en tuine. Dit kom gereeld in heelwat dorre gebiede voor.

Geluid

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronnelys Sinclair et al, Birds of southern Africa. Struik Nature, 2011.

Kategorie:Spreeus Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin