duimnael|Skildery van Richard Caton Woodville wat die oorlog van Boere teen Britte uitbeeld, 1900. duimnael|Illustrasie van De la Rey se oorwinning oor Lord Methuen by Tweebosch, geskets deur Richard Caton Woodville duimnael|Boere se aanval by Bakenlaagte. duimnael|Skets van die Slag van Donkerhoek, deur William Barnes Wollen.
Die eerste fase van die Tweede Vryheidsoorlog het uit tradisionele frontaanvalle en loopgraafoorlog bestaan. Die laaste frontale aanslag was die Slag van Bergendal op 21-27 Augustus 1900. Reeds voor dit het die Boeremagte oorgegaan tot guerrilla-oorlogvoering. Hier is 'n lys skermutselinge wat plaasgevind het.
1899 12 Oktober – Slag van Kraaipan. 30 Oktober – Slag van Nicholsonsnek. 23 November – Slag van Willow Grange.
1900 1 Januarie – Slag van Sunnyside 23 – 24 Januarie – Slag van Spioenkop 10 Maart – Slag van Abrahamskraal. 25 Maart – Slag van Brandfort. 31 Maart – Sannaspos, Vrystaat 4 April – Reddersburg, Vrystaat. Genl. De Wet neem 'n Britse garnisoen van 600 man gevange. 10 April – Beleg van Wepener, Vrystaat deur Genl. De Wet. Die garnisoen hou vir 16 dae uit. 29 Mei – Die Slag van Biddulphsberg. Genl AI de Villiers verslaan die Britse magte onder leiding van Lt. Genl. Sir Leslie Rundle . 31 Mei – Lindley, Vrystaat. Genl. Piet de Wet verslaan die 13th Battalion Imperial Yeomanry, dood en wond 80 soldate en neem 530 Britse soldate gevangene. 7 Junie – Slag van Roodewalstasie, Vrystaat. Genl. De Wet neem 672 Britse soldate gevange en buit 56 waens met voedsel en voorrade ammunisie. 11 – 12 Junie – Slag van Donkerhoek. 11 Julie – Slag van Silkaatsnek, Transvaal. Genl. De la Rey neem 189 soldate van die Scots Greys and Lincolns gevange. 11 Julie – Slag van Dwarsvlei, Sarel Oosthuizen verslaan 'n Britse mag. 11 Julie – Slag van Onderstepoort, generaal Freek Grobler verslaan 'n Britse mag. 15 – 31 Julie – Brandwater, Vrystaat. Genl. Marthinus Prinsloo gee oor met 3,000 man aan die Britse Magte. 6 November – Bothaville, Vrystaat. Pres. M.T. Steyn en Genl. De Wet word verras deur Generaalmajoor Knox maar slaag tog daarin om te ontsnap. 19 November – Generaal Christiaan de Wet val die garnisoen by Dewetsdorp aan. Hulle gee oor na vier dae. 28 November - Slag van die Twee Riviere 29 November – Die Slag van Renosterkop vind plaas. Genl. Ben Viljoen behaal 'n oorwinning oor Genl. Arthur Paget. 13 Desember – Slag van Nooitgedacht, Transvaal. Genls. De la Rey, J.C. Smuts en C.F. Beyers oorrompel 'n Britse kamp onder beheer van Generaalmajoor RAP Clements. 29 Desember – Slag van Helvetia, Transvaal. Genl. Ben Viljoen verras 'n Britse garnisoen en neem 235 soldate gevange.
1901 31 Januarie – Modderfontein, Transvaal. 10 – 28 Februarie – De Wet val die Kaap binne. 29 Mei – Slag van Vlakfontein 4 September – Smuts val die Kaap binne. 17 September – Elandsrivier op die plaas Modderfontein: Genl. Smuts val 'n buitepos, beman deur die 17th Lancer, aan. 17 September – Slag van Bloedrivierpoort, Natal. Generaal Louis Botha oorrompel die Mounted Infantry onder beheer van Luitenant-Kolonel H de la P Gough. 26 September – Onsuksesvolle aanvalle op die Britse forte Itala en Prospect, Natal deur Genl. Botha. 24 Oktober – Slag van Kleinfontein naby Groot Marico, Wes-Transvaal. 30 Oktober – Slag van Bakenlaagte, Transvaal. Genl Louis Botha val 'n Britse mag aan onder beheer van Luitenant-Kolonel G.E. Benson. Benson sterf tydens die aanval. 25 Desember – Tweefontein, Oos-Vrystaat. Genl. De Wet verslaan 'n klein Britse mag.
1902 25 Februarie – Slag van Ysterspruit, Wes-Transvaal. Genl. De la Rey val 'n Britse mag aan en buit muile, perde en 500 000 rondtes ammunisie. 7 Maart – Slag van Tweebosch, Wes-Transvaal. Genl. De la Rey word aangeval deur Lord Methuen maar slaan die aanval af, wond en neem Methuen gevange. 31 Maart – Slag van Boschbult, Wes-Transvaal. Genl. De la Rey raak slaags met Britse magte met swaar ongevalle aan beide kante. 1 April – Boschman's Kop, Transvaal. Britse magte verras Genls. H.A. Alberts en P.R. Viljoen. Hulle hergroepeer, val die Britse magte aan en verdryf hulle gedurende die dag. 11 April – Slag van Rooiwal, Wes-Transvaal: 'n Britse mag onder bevel van generaal Ian Hamilton het slaags geraak met die kommandos van generaal Jan Kemp. 6 Mei – Holkrans, Natal. 56 Boere word doodgemaak deur Zoeloes.
Bronnelys Darren Hall: The Hall Handbook of the Anglo Boer War. 1999.