Die Mongoolse Ryk (Mongools: Монголын эзэнт гүрэн, ), amptelik die Groot Mongoolse Staat (Их Монгол Улс, Ich Mongol Oels), het van 1206 tot 1368 bestaan en was die grootste aaneenlopende ryk in die geskiedenis.Morgan. The Mongols. bl. 5. Dit het op die steppe van Sentraal-Asië ontstaan en eindelik gestrek van Sentraal-Europa tot die See van Japan, noordwaarts tot in Siberië, oos- en suidwaarts tot op die Indiese subkontinent, in Indo-China en op die Iranse plato en weswaarts tot by die Levant en Arabië.
Djengis Khan, wat in 1206 as leier aangewys is, het die Mongoolse en Turkse volke in die gebied van die huidige staat Mongolië verenig en die Groot Mongoolste Staat gestig. In die daaropvolgende dekades het hy en sy opvolgers groot dele van Asië en Oos-Europa verower.Diamond. Guns, Germs, and Steel. bl. 367.The Mongols and Russia, deur George VernadskyThe Mongol World Empire, 1206–1370, deur John Andrew BoyleThe History of China, deur David Curtis Wright. bl. 84.The Early Civilization of China, deur Yong Yap Cotterell, Arthur Cotterell. bl. 223.Mongols and Mamluks: The Mamluk-Ilkhanid War, 1260–1281, deur Reuven Amitai-Preiss Die groot transkontinentale ryk het die ooste en weste verbind en dit het gelei tot die uitbreiding van handel en die uitruil van tegnologie en ideologieë oor Eurasië heen.Gregory G. Guzman "Were the barbarians a negative or positive factor in ancient and medieval history?", The Historian 50 (1988), 568-70.Allsen. Culture and Conquest. bl. 211.
Die Mongoolse invalle het gelei tot van die mees verwoestende oorloë in die menslike geskiedenis. In Iran het dit gelei tot uitwissing, siekte en die verwoesting van besproeiingstelsels, wat weer gelei het tot massa-emigrasie, hongersnood en ’n drastiese afname in die bevolking. Die historikus Steve Ward raam driekwart van die bevolking, sowat 10 miljoen tot 15 miljoen mense, het gesterf en dat Iran eers weer in die 20ste eeu sy bevolkingstal van die voor-Mongoolse tyd bereik het.
Die ryk het begin verbrokkel weens oorloë oor opvolging – die kleinkinders van Djengis Khan het gestry oor of die koninklike lyn vanaf sy oudste seun en aanvanklike erfgenaam, Ögedei, moes loop of vanaf een van sy ander seuns soos Toloei, Tsjagatai of Djotsji. Die Toloei-lyn het eindelik die stryd gewen, maar onmin het daarna voortgeduur onder Toloei se afstammelinge. Ná Möngke Khan se dood het verskillende prinslike rade, of koeroeltai, verskillende opvolgers gekies – die broers Ariq Böke en Koeblai Khan – wat nie net teen mekaar geveg het nie, maar ook die afstammelinge van ander seuns van Djengis die stryd aangesê het.Michael Biran. Qaidu and the Rise of the Independent Mongol State in Central Asia. The Curzon Press, 1997, Koeblai het eindelik die bewind oorgeneem, maar ’n burgeroorlog het ontstaan toe hy beheer probeer kry oor die Tsjagatai- en die Ögedei-familie.
Teen die tyd van Koeblai se dood in 1294 het die Mongoolse Ryk verdeel in vier verskillende khanate, of ryke, elk met sy eie belange en doelwitte: die Goue Horde in die noordweste, die Tsjagatai-khanaat in die weste; die Il-khanaat in die suidweste en die Yuan-dinastie in die moderne Beijing.The Cambridge History of China: Alien Regimes and Border States. bl. 413. In 1304 het die drie westelike khanate vir ’n kort ruk die opperheerskappy van die Yuan-dinastie aanvaar,Jackson. Mongols and the West. bl. 127.Allsen. Culture and Conquest. bl. xiii, 235. maar dié dinastie is later, in 1368, omvergewerp deur die Han-Chinese Ming-dinastie. Die Mongole het daarna na Mongolië teruggekeer en in hul oorspronklike land voortgeheers.
Naam Wat in Afrikaans die Mongoolse Ryk genoem word, was in Mongools bekend as die Ich Mongol Oels (ich: "groot", oels: "staat"; dus Groot Mongoolse Staat).Sanders. bl. 300. In die 1240's het Djengis se afstammeling Güyük Khan ’n brief aan pous Innocentius IV geskryf wat hy onderteken het as "Dalai (groot) Khagan van die groot Mongoolse staat (oeloes)".Saunders. History of the Mongol conquests. bl. 225.
Ná die opvolgingsoorlog tussen Koeblai Khan en sy broer Ariq Böke, het Ariq Koeblai se ware mag tot die oostelike deel van die ryk beperk. Koeblai het op 18 Desember 1271 ’n amptelike verordening uitgereik om die land te hernoem tot "Groot Yuan" (Dai Yuan, of Dai Ön Oeloes) om die Yuan-dinastie te stig.
Geskiedenis Tyd voor die Mongoolse Ryk duimnael|250px|links|Eurasië aan die vooraand van Mongoolse verowerings, omstreeks 1200. Die gebied om Mongolië, Mantsjoerye en dele van Noord-China is sedert die 10de eeu oorheers deur die Liao-dinastie. In 1125 het die Jin-dinastie, wat deur die Jurge gestig is, die Liao oorgeneem en beheer probeer kry oor voormalige Liao-gebiede in Mongolië. In die 1130's het die heersers van die Jin-dinastie, bekend as Goue Konings, suksesvol weerstand gebied teen die Khamag-Mongoolse konfederasie, wat in dié tyd regeer is deur Kaboel Khan, die oupagrootjie van Temoedjin (Djengis Khan).Barfield. bl. 184.
Die Mongoolse plato is deur veral vyf magtige stamkonfederasies (khanlig) beset: die Keraite, Khamag-Mongole, Naimans, Merkiete en Tatare. Die Jin-keisers, wat ’n beleid van verdeel en heers gevolg het, het twis onder die stamme aangemoedig, veral die Tatare en Mongole, om hul aandag van die Jin self af te trek. Kaboel se opvolger was Ambaghai Khan, wat deur die Tatare verraai, aan die Jurge uitgelewer en tereggestel is. Die Mongole het wraak geneem deur die grens te plunder, en dit het gelei tot ’n mislukte teenaanval deur die Jurge in 1143.
In 1147 het die Jin hul beleid effe aangepas en ’n vredesooreenkoms met die Mongole gesluit. Die Mongole het toe aanvalle op die Tatare hervat om die dood van hul khan te wreek, en dit het ’n lang tyd van vyandelikheid ingelui. Die Jin- en Tataarse leërs het die Mongole in 1161 verslaan.
Tydens die opgang van die Mongoolse Ryk in die 13de eeu het die gewoonlik koue steppe van Sentraal-Asië sy mees gematigde, natste toestande in meer as ’n millennium beleef. Daar word geglo die gevolglike vinnige toename in die getal oorlogsperde en ander lewende hawe het die versterking van die Mongoolse militêre mag aansienlik aangehelp.
Djengis Khan duimnael|200px|Djengis Khan, Nasionale Paleismuseum in Taipei. Djengis Khan, wat deur sy moeilike kindertyd bekend was as Temoedjin, was die seun van ’n Mongoolse stamhoof. Toe sy jong vrou, Börte, deur ’n vyandelike stam, die Merkiete, ontvoer word, het Temoedjin die nomadiese, voorheen strydende Mongoolse stamme deur politieke manipulasie en militêre mag onder sy beheer verenig. Hy het die Merkiete verslaan, sy vrou gered en daarna die Naimans en Tatare ook verslaan.Morgan. The Mongols. bl. 49–73.
Temoedjin het die plundering van sy vyande sonder toestemming verbied en het ’n beleid ingestel waarvolgens hy oorlogsbuit met sy soldate en hul families gedeel het in plaas daarvan om dit aan die aristokrate te gee.Riasanovsky. Fundamental Principles of Mongol law. bl. 83. Hoewel hy die titel khan gehad het, het sy beleidsrigtings wrywing veroorsaak tussen hom en sy ooms, wat ook wettige erfgename van die troon was. Hulle het Temoedjin nie as ’n leier beskou nie, maar as ’n astrante troonrower. Dié gevoel het onder sy generaals en ander bondgenote versprei, en van hulle het bande met hom verbreek.
Oorlog het uitgebreek. Temoedjin en die deel van sy magte wat nog aan hom getrou was, het dit gewen en van 1203 tot 1205 al die oorblywende stamme onder sy beheer gebring. In 1206 is Temoedjin op ’n koeroeltai gekroon as khagan van die Groot Mongoolse Nasie. Hy het toe die titel Djengis Khan ("algemene leier") aangeneem in plaas van een van die ou stamtitels soos Goer Khan of Tajang Khan. Dit was die begin van die Mongoolse Ryk.
Vroeë organisasie duimnael|200px|Djengis Khan bestyg die troon, uit die Jami' al-tawarikh. Djengis het sy leër op baie nuwe maniere georganiseer en dit ingedeel in desimale eenhede van arbans (10 soldate), zoens (100), mingghans (1 000) en toemens (10 000). Die kheshig, of paleiswag, is gestig en verdeel in ’n dageenheid (khorchin torghoeds) en nageenheid (khevtoel).Ratchnevsky. bl. 191. Hy het dié beloon wat getrou aan hom was en vir hulle hoë posisies gegee as hoofde van leëreenhede en huishoudings, hoewel baie van hulle uit laer klasse afgestam het.Secret history. bl. 203.
Hy het ’n nuwe regskode uitgevaardig, die Ikh Zasag of Jassa, wat alles gedek het van die alledaagse lewe tot politieke sake. Hy het die verkoop van vroue verbied, asook die diefstal van iemand anders se eiendom, ’n bakleiery en die jag van diere tydens die broeiseisoen.
Hy het ook godsdiensvryheid afgekondig en binne- en buitelandse handel gesteun. Hy het die armes en die kerklui van belasting kwytgeskeld.Vladimortsov. bl. 74. Moslems, Boeddhiste en Christene van Mantsjoerye, Noord-China, Indië en Persië het dus lank voor sy oorsese invalle by hom aangesluit. Hy het verder geletterdheid aangemoedig en die Oeigoerse skrif aangeneem.Weatherford. bl. 70.
Inval in Sentraal-Asië Djengis Khan het gou gebots met die Jurge van die Jin-dinastie en die Tangoete in Noord-China. Hy was ook in konflik met twee ander magte, Tibet en Khara Khitai. Hy het weswaarts beweeg in Sentraal-Asië in en Transoxanië en Oos-Persië verwoes. Daarna het hy Kiëf-Roes (die voorloperstaat van Rusland, Belarus en Oekraïne) en die Kaukasus geplunder.
Voor sy dood het Djengis Khan sy ryk tussen sy seuns en die res van sy familie verdeel en die ryk so die eiendom gemaak van die hele familie, wat saam die heersersklas gevorm het.Morgan. bl. 99–101.
Uitbreiding onder Ögedei (1227–1241) duimnael|200px|Ögedei Khan, die seun en opvolger van Djengis Khan. Djengis Khan is in 1227 dood en teen dié tyd het die Mongoolse Ryk van die Stille Oseaan tot die Kaspiese See gestrek – dit was twee keer so groot soos die Romeinse Ryk en die Moslemse Kalifaat. Djengis het sy derde oudste seun, die charismatiese Ögedei, as sy opvolger aangewys. Ögedei se jonger broer, Toloei, was aanvanklik regent tot met Ögedei se amptelike verkiesing in 1229.Man. Genghis Khan. bl. 288.
Een van Ögedei se eerste veldtogte was teen die Basjkirs, Wolga-Bulgare en die ander volke van die steppe.Saunders. bl. 81. In die ooste het sy leërs Mongoolse mag in Mantsjoerye herstel en die Toengoes verslaan. In 1230 het hy persoonlik sy leër gelei teen die Jin-dinastie. Sy generaal Soeboetai het die hoofstad, Kaifeng, in 1232 verower.Atwood. bl. 277. Die Jin-dinastie het in 1234 geval.
duimnael|links|180px|Die plundering van Soezdal in 1238. In die Weste het Ögedei se generaal Chormaqan die laaste sjah van die Chorasmiede verslaan. Die klein koninkryke in Suid-Persië het vrywillig Mongoolse heerskappy aanvaar.May. Chormaqan. bl. 29.Amitai. The Mamluk-Ilkhanid war In Oos-Asië was daar ’n paar Mongoolse aanvalle op die Koreaanse Skiereiland, maar dit was nie geslaagd nie.
Namate die ryk gegroei het, het Ögedei ’n Mongoolse hoofstad by Karakoroem in Noordwes-Mongolië gevestig.Burgan. bl. 22.
Invalle in Kiëf-Roes en Sentraal-China Intussen het Mongoolse soldate dele van Sentraal-China aangeval, maar kon nie beheer oor die verowerde gebiede behou nie. Ná die skielike dood van Ögedei se seun Kotsjoe in Chinese gebied het die Mongole uit Suid-China onttrek, hoewel Kotsjoe se broer Koten Tibet net daarna binnegeval het.
Nog ’n kleinseun van Djengis, Batoe Khan, het die lande van die Wolga-Bulgare, Alane, Kiptsjaks, Basjkirs, Mordwiniërs, Tsjoewasje en ander volke van die Russiese steppe oorrompel. Teen 1237 het die Mongole die eerste prinsdom van Kiëf-Roes, Rjazan, binnegeval. Ná ’n beleg van drie dae het die Mongole die stad ingeneem en die inwoners vermoor. Daarna het hulle die leër van Wladimir verslaan.Timothy May. Chormaqan. bl. 32. Hulle het ook Kiëf binnegeval en die inwoners vermoor.
Teen 1240 was al die stadstate van Kiëf-Roes ingeneem behalwe ’n paar stede in die noorde. Ook Georgië en Armenië het oorgegee.