duimnael|links|Ligging van Hispaniola in die Groot Antille duimnael|links|Topografiese kaart van Hispaniola Hispaniola (Spaans: La Española, die Spaanse; Taíno: Kiskeya / Quisqueya; Haïtiaanse Kreools: Ispayola) is ná Kuba die tweede grootste eiland van die Groot Antille tussen die Atlantiese Oseaan in die noorde en die Karibiese See in die suide en bestaan tans uit twee lande: Haïti in die weste en die Dominikaanse Republiek in die ooste. Die eiland lê in die suide van die Turks- en Caicos-eilande, in die suidooste van die Bahamas, in die ooste van Kuba, in die noordooste van Jamaika en in die weste van Puerto Rico. Hispaniola is op 5 Desember 1492 deur Christophorus Columbus vir Spanje ontdek en in besit geneem. Die eiland het 'n bevolking van 18 943 000 in 2005 gehad en het 'n oppervlakte van 76 480 km². Hispaniola is veral bekend as eerste Europese kolonie in Amerikas en die oudste Europese nedersettings, wat nou Santo Domingo is.

Eksterne skakels