200px Wanderungen durch die Mark Brandenburg

Beskrywing van landskappe, nedersettings en hul bewoners, geskiedenis en legendes van die Mark Brandenburg

Geskryf deur Theodor Fontane 200px

Publikasie 1862-1889

Literêre stroming RealismeReisliteratuur

Boekdele 160px Die Grafschaft Ruppin (1862) 160px Das Oderland (1863) 160px Havelland (1873) 160px Spreeland (1886) 160px Fünf Schlösser (1889) Wanderungen durch die Mark Brandenburg ("Staptoere deur die Mark Brandenburg") is die omvangrykste werk van die Duitse skrywer Theodor Fontane (1819-1898). In vyf boekdele beskryf hy kastele, kloosters, nedersettings en landskappe van die Mark Brandenburg, sy bewoners en sy geskiedenis. Die werk, wat tussen 1862 en 1889 gepubliseer is, het uitdrukking aan die groeiende nasionale bewussyn in Pruise en aan die Romantiek gegee.

Die indrukke, wat Fontane tydens sy skryfwerk gekry het, sou net soos die historiese kennis, wat hy opgedoen het, die basis vir sy latere groot romans soos Effi Briest of Der Stechlin vorm.

Kategorie:Brandenburg Kategorie:Niefiksie