Oder-Spree Wapen Ligging in Duitsland 100px 100px Basiese gegewens Deelstaat: Brandenburg Administratiewe setel: Beeskow Oppervlakte: 2 242,71 vk km Bevolking: 178 849 (31 Desember 2016) Bevolkingsdigtheid: 79,7 inwoners per vk km Kenteken: LOS Administratiewe verdeling: 38 munisipaliteite Landrat: Rolf Lindemann (SPD) Amptelike webwerf: oder-spree.de Ligging in Brandenburg 250px|center

Oder-Spree (amptelik Landkreis Oder-Spree, Neder-Sorbies Wokrejs Odra-Sprjewja) is 'n administratiewe distrik van die Duitse deelstaat Brandenburg.

Geografie Oder-Spree grens in die suide aan die administratiewe distrik Spree-Neiße, in die suide en suid-weste aan Dahme-Spreewald, in die weste aan Berlyn, in die noorde aan Märkisch-Oderland en die selfregerende stad Frankfurt (Oder), in die ooste aan Pole.

Geskiedenis Die distrik Oder-Spree is op 6 Desember 1993 gevorm toe administratiewe hervormings in Brandenburg deurgevoer en die selfregerende stad Eisenhüttenstadt en die administratiewe distrikte Eisenhüttenstadt, Beeskow en Fürstenwalde in 'n gemeenskaplike administratiewe eenheid verenig is.

Eksterne skakels

Amptelike webtuiste van die distrik Oder-Spree Geskiedkundige landskap Oder-Spree

Kategorie:Distrikte van Brandenburg