Nelson (Engels)Whakatū (Maori) 300px|senter Bynaam: Sunny Nelson Leuse: Palmam qui meruit ferat ("Laat hom wat dit verdien die palm dra") Ligging 175px|senter|Ligging van Nelson in Nieu-Seeland Vlag en wapen 100px|senter 100px|senter Basiese gegewens Stigting: 1841 (Europeërs) Bevolking: 50 880 (2018-sensus) Oppervlakte: 422,20 km² Bevolkingsdigtheid: 120,5/km² Gemiddelde inkomste: NZ$7 630 miljard (Nelson en Tasman, 2024) Per kapita: NZ$66 293 (Nelson en Tasman, 2024) Geografiese ligging: Tydsone: UTC +12 (NZST) Somertyd: UTC +13 (NZDT) Amptelike webwerf: nelson.govt.nz Administratiewe verdeling Land: Eiland: Suideiland Streek: Nelson City Burgemeester: Nick Smith (N) Adjunkburgemeester: Rohan O'Neill-Stevens

Nelson (Māori: Whakatū) is 'n stad op Nieu-Seeland se Suideiland. Nelson, wat aan die oosoewer van Tasmanbaai geleë is en as Nieu-Seeland se geografiese sentrum beskou word, is in 1841 gestig as die eerste stad op die Suideiland en die tweede oudste in heel Nieu-Seeland. Dit is genoem na die Britse Vlootkommandeur Horatio Nelson. Carl Walrond, 'Nelson places – Nelson city', Te Ara – the Encyclopedia of New Zealand, http://www.teara.govt.nz/en/nelson-places/page-1 (besoek op 25 Junie 2017) Tans is Nelson die ekonomiese, kulturele en nywerheidspilpunt vir die noordelike gebied van die Suideiland.

duimnael|links|'n Lugbeeld van Nelson In 1858 het koningin Victoria stadstatus aan Nelson toegeken. Met 'n bevolking van sowat 50 600 is Nelson die twaalfde grootste stedelike nedersetting in Nieu-Seeland. Richmond, die tweede grootste nedersetting in die omgewing van Nelson met byna 14 000 inwoners, val nie onder die beheer van Nelson se stadsraad nie. Saam met Richmond vorm Nelson die negende grootste verstedelikte gebied in die land volgens sy bevolking.

Die stadsgebied grens in die weste en suidweste aan die Distriksraad van Tasman en in die noordooste, ooste en suidooste aan die Distriksraad van Marlborough.

Sport Nelson was een van Nieu-Seeland se gasheerstede tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1982, die Rugbywêreldbeker 2011 en die Krieketwêreldbeker 2015.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van Nelson se stadsraad

Ensiklopediese inligting

Toerisme

Amptelike toerismewebwerf

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Nieu-Seeland