Groenpunt (Engels: Green Point) is 'n voorstad in Kaapstad, Suid-Afrika, geleë in die noordweste van die sentrale sakegebied. Dit is 'n gewilde woonbuurt vir jong professionele mense en vir die Kaapstadse gay en lesbiese gemeenskap. In die afgelope paar jaar is heelwat nuwe mediumhoogte woonstelle en gemengde-gebruik ontwikkelings opgerig. Somersetweg vorm die hoofdeurroete, omring deur talle restaurante, koffiewinkels en nagklubs.
Volgens die 2011-sensus het Groenpunt 'n inwonertal van 5 362 gehad.Groenpunt 2011-sensus
Sien ook Groenpunt (kiesafdeling)
duimnael|links|500px|Groenpunt met Duiwelspiek, Vlaeberg en Leeukop op die agtergrond. links|300px|duimnael|Warwick Mansions, een van die min oorblywende ou woonstelblokke aan Hoofweg, is in 2015 ontruim vir opknapping as deel van 'n nuwe ontwikkeling.
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Kaapstad