duimnael|links|upright|Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap se kenteken op Saartjie Baartman se graf in Hankey, Suid-Afrika. duimnael|Gedenkplaket van 'n voormalige Nasionale Gedenkwaardigheid in Suid-Afrika, nou provinsiale erfenisterreine, in hierdie geval by die Voortrekkerhuis in Pietermaritzburg

Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA, een van die tien opvolgorganisasies van die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede en sy voorganger die Historiese Monumentekommissie) is 'n statutêre liggaam wat gestig is onder die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (Wet 25 van 1999) as die administratiewe liggaam wat verantwoordelik is vir aspekte van Suid-Afrika se kulturele erfenis op nasionale vlak. Verantwoordelikheid vir voormalige nasionale gedenkwaardighede val sedert 1 April 2000 onder die nege provinsiale erfenishulpbronowerhede.Sek 58, Wet op Nasionale Erfenishulpbronne, Wet 25 van 1999

SAEHA en lede van die publiek is welkom om plekke te identifiseer wat hulle voel so uniek is dat dit nasionale betekenis het om in aanmerking te kom om as nasionale erfenisterrein verklaar te word. 'n Kenteken word aangebring op plekke wat suksesvol genomineer is.

Sien ook Genootskap Oud-Pretoria (1949) Noord-Kaapse erfenisterreine Stigting Simon van der Stel

Verwysings

Eksterne skakels

SAEHA tuisblad Databasis

Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika Kategorie:Regering van Suid-Afrika