Marburg is 'n klein dorpie in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit het begin as 'n Noorweegse nedersetting naby Port Shepstone aan die KwaZulu-Natalse Suidkus. Die dorpie is in 1882 gestig deur 'n groep immigrante vanaf Bergen en elders. Die plek het sy karakter behou; daar is onder meer 'n Noorweegse kerk en ander inrigtings.Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967. Eric Rosenthal
Die dorpie huisves hoofsaaklik Suid-Afrikaners van Indiër-herkoms (87%).
Bibliografie Leverton, B.J.T.: Natal Norwegian Centenary - 1882-1982. In: Lantern. Tydskrif vir Kuns, Kennis en Kultuur. Jaargang 31, nr. 4, September 1982 Rodseth, Peter: 1882 - Die Nore kom na Marburg. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 23, nr. 3, Maart 1974.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal