Harkerville is 'n klein bosbougemeenskap in die ooste van die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die nedersetting is tussen Knysna en Plettenbergbaai naby die N2 nasionale pad. Die Knysna-olifante was altyd aktief in die omgewing.Volledige voetslaangids vir Suider-Afrika. 1993. Dit is deesdae 'n gewilde stappers- en bergfietsrybestemming. Die Harkerville-reuse is 'n groep rooihoutbome (S. sempervirens) wat in 1925 hier aangeplant is, en die fietsryroete doen tans by hulle aan. Die groep wat tot 48 meter hoog groei, is as kampioenbome aangewys wat ingevolge die Nasionale Bosbouwet (Wet nr. 84 van 1998) beskerming geniet. Die nabygeleë groep Karie-bloekoms (E. diversicolor) wat in 1922 geplant is, groei na 'n eeu al 70 meter hoog en is ook tot kampioenbome verklaar.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap