Podolsk (Russies: Подо́льск) is 'n nywerheidstad in die Russiese Moskou-oblast, sowat 40 km suid van Moskou. Die stad dien as die administratiewe hoofstad van die rajon Podolsk. Podolsk, wat aan die Pachra-rivier (een van die sytakke van die Moskwa-rivier) geleë is, is die grootste nedersetting in die Moskou-oblast met 'n bevolking van 218 537 (2014).
Geskiedenis Podolsk het uit 'n klein nedersetting, Podol, ontstaan en het in die 18de eeu die Moskouse Danilof-klooster gehuisves. Keiserin Katharina II het in 1791 stadstatus aan die nedersetting toegeken.
Voor die Russiese Rewolusie van 1917 was Podolsk een van die mees geïndustrialiseerde stede van Rusland. 'n Fabriek van die Duitse maatskappy Singer het hier naaimasjiene vervaardig.
Die Oeljanof-familie was hier woonagtig. Wladimir Oeljanof, beter bekend as Wladimir Lenin, het die stad verskeie kere besoek en hier 'n stuk grond en 'n klein huis besit. In 1900 is 'n vergadering van Sosiaal-Demokrate uit Moskou en ander Russiese stede in Podolsk gehou om hulle ondersteuning vir die koerant Iskra te kry wat destyds gestig is.
In 1971 is die Orde van die Rooi Banier van Arbeid aan Podolsk toegeken. In die Sowjet-tyd was die stad een van die grootste nywerheidsentra in die Moskou-oblast. In dié tyd was daar meer as sewentig fabrieke in die stad wat werk aan 'n groot deel van die plaaslike bevolking verskaf het. In 2000 is 'n groot militêre basis gestig.
Podolsk is die setel van die sentrale argief van die Russiese departement van verdediging.
Susterstede 20px Amstetten, Oostenryk 20px Bălţi, Moldowa 20px Bar, Montenegro 20px Borisow, Wit-Rusland 20px Tsjernowtsi, Oekraïne 20px Henan, Volksrepubliek China 20px Kawarna, Bulgarye 20px Kladno, Tsjeggië 20px Ohrid, Masedonië 20px Saint-Ouen, Frankryk 20px Sjoemen, Bulgarye 20px Soechoemi, Abkasië/Georgië 20px Trier-Land, Duitsland 20px Wanadzor, Armenië 20px Warmińsko-mazurskie, Pole
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Rusland