Wenera 2MW-1 No.1, in die Weste ook bekend as Spoetnik 19, was ’n Sowjet-ruimtetuig wat in 1962 gelanseer is as deel van die Wenera-ruimteprogram en was veronderstel om op die planeet Venus te land. Weens ’n tegniese probleem het dit egter nie sy wentelbaan om die aarde verlaat nie en dit het ’n paar dae later die aarde se atmosfeer binnegedring. Dit was die eerste van twee Wenera 2MW-1-tuie wat die Sowjetunie gelanseer het – albei sendings het misluk.

Die naam Spoetnik 23, en later Spoetnik 19, is deur die VSA gebruik om die tuig te identifiseer, aangesien die Sowjetunie aanvanklik nie die tuig se interne aanwysings bekend gemaak het nie en dit ook weens die mislukking van die sending nie ’n amptelike naam gehad het nie.

Verwysings

20px|links Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Sowjet Venus-sendings