duimnael|250px|'n Metrorail-trein loop die Kalkbaaistasie suid van Kaapstad. Metrorail is Suid-Afrika se grootste pendelspoordiens en word deur PRASA besit. Metrorail se hoofmandaat ingevolge die Geregtelike Opvolgwet op die SATS-wet (Wet 9 van 1989) is om te verseker dat daar, op versoek van die Nasionale Departement van Vervoer of enige orgaan van die regering, spoorpendeldienste in die openbare belang voorsien word, en om spoor as die hoofmodus vir pendelvervoer te bevorder. Metrorail het besitreg op alle passasierspoorbates soos grond in en om stasies, infrastruktuur en die lopende vloot.
PRASA bedryf die pendelspoordienste oor 3 180 km spoorlyn deur Metrorail en vervoer tot 2 miljoen passasiers op weeksdae in vyf groot metropole of gebiede, naamlik Johannesburg, Tshwane, Kaapstad, Durban en Oos-Kaap. Hierdie vyf gebiede sluit gesamentlik 468 stasies in met 'n vloot van sowat 270 treinstelle (wat sowat 3 100 waens in totaal bevat). Elke wa kan meer as 100 passasiers vervoer.
Vanaf 1 April 2008 bestuur SARCC die langafstandpassasiersvervoer deur Shosholoza Meyl om uitvoering te gee aan 'n kabinetsbesluit in 2004 om 'n enkele passasierspoor-onderneming te skep.
Intersite Property Solutions is 'n dogteronderneming van Metrorail en is verantwoordelik vir die voorsiening van algehele eiendomsoplossings deur bestuur, konstruksie, opgradering en restourasie van stasies oor die hele netwerk.
Metrorail is in 1996 as 'n selfstandige besigheidseenheid van Transnet gestig. Sedertdien het Metrorail op pendelspoordienste in ses groot metropolitaanse gebiede gefokus terwyl dit ook vir die instandhouding van bedryfsbates verantwoordelik was. Die skeiding van batebestuur (SARCC) en bedryfsaktiwiteite (Metrorail) het egter 'n groot rol gespeel in die mislukking van hierdie entiteite om voldoende passasiersdienste te verskaf.
Streke Vir bedryfsdoeleindes word Metrorail se dienste in vier streke verdeel.
duimnael|regs|Skema van Metrorail Gautengstreek Gautengstreek
Die suidelike deel dek die Groter Johannesburg Metrogebied en omliggende gebiede. Treine loop vanaf Johannesburg Parkstasie en Germiston na Springs, Pretoria, Soweto, Krugersdorp en Randfontein via etlike kleiner stasies.
Die noordelike deel dek Pretoria en omstreke. Treine loop vanaf Pretoriastasie weswaarts en ooswaarts na die omliggende voorstede, sowel as suidwaarts na Johannesburg via Kemptonpark- en Germistonstasies.
Beduidende gebiede wat nie deur Metrorail bedien word nie, is die noordwestelike voorstede van Johannesburg, insluitend Sandton en Randburg, en die suide en suidoostelike voorstede van Pretoria. Sommige van die noordelike voorstede van Johannesburg word deur die nuwe snelstelsel van Gautrein bedien.
Roetes Johannesburg–Dunswart–Daveyton: bedien Johannesburg, Germiston, Boksburg en Daveyton Johannesburg–Springs: bedien Johannesburg, Germiston, Boksburg, Benoni, Brakpan en Springs Springs–Nigel: bedien Springs en Nigel Germiston–Kwesine: bedien Germiston en Katlehong Germiston–Kliprivier–Vereeniging: bedien Katlehong, Meyerton en Vereeniging Germiston–New Canada: bedien Germiston en die Rif suid van Johannesburg-sentraal Johannesburg–New Canada–Vereeniging: bedien Johannesburg, Orlando, Lenasia, Sebokeng en Vereeniging Johannesburg–Oberholzer: bedien Johannesburg, Orlando, Westonaria en Carletonville George Goch–Johannesburg–Naledi: bedien Johannesburg en Soweto Johannesburg–Randfontein: bedien Johannesburg, Roodepoort, Krugersdorp en Randfontein Johannesburg–Leralla/Pretoria: bedien Johannesburg, Germiston, Kemptonpark, Tembisa, Centurion en Pretoria Pretoria–Saulsville: bedien Pretoria, Pretoria-Wes en Atteridgeville Pretoria/Belle Ombre–De Wildt/Mabopane: bedien Pretoria, Pretoria-Noord, Ga-Rankuwa en Soshanguve Pretoria–Pienaarspoort: bedien Pretoria, Hatfield en Mamelodi Hercules–Capital Park–Pienaarspoort: bedien Pretoria-Noord en Mamelodi
duimnael|regs|Skema van Metrorail Durban
Durbanstreek Hierdie streek dek Durban en die omliggende voorstede en dorpe. Treine loop van Durbanstasie buitentoe sover as KwaDukuza (Stanger) op die noordkus, Kelso op die suidkus, en Cato Ridge binneland toe.
duimnael|regs|Skema van Metrorail Oos-Kaap Oos-Kaapstreek
Twee aparte lyne word gebruik in die Oos-Kaap: Treine loop vanaf Oos-Londen na Berlyn (20 km oos van King William’s Town), en vanaf Gqeberha (Port Elizabeth) na Kariega (Uitenhage).
duimnael|regs|Skema van Metrorail Wes-Kaap
Wes-Kaapstreek
Hierdie streek dek Kaapstad Metropolitaanse Gebied en omliggende dorpe. Treine loop van Kaapstad se stasie suidwaarts tot by Simonstad, suidoos na Mitchells Plain en Khayelitsha, en ooswaarts deur Bellville na Strand, Stellenbosch en Wellington; uitsonderlik loop dienste ook na Malmesbury en Worcester.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika