Sir John Francis Cradock (11 Augustus 1759–26 Julie 1839) was die tweede Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop.
Hy is in Ierland gebore en was die seun van aartsbiskop John Cradock van Dublin. Hy word in 1811 goewerneur van die Kaap. Sy militêre vernuf was uiters nuttig in die oorlog aan die Oosgrens teen die Xhosas. Rondgaande howe was 'n nuwigheid wat tydens sy bewind ingevoer is. Sy grondhervorming is 'n blywende nalatenskap wat die hedendaagse stelsel van titelaktes daargestel het.
Hy is in 1812 tot generaal bevorder en keer die volgende jaar terug na Brittanje waar hy die familienaam Caradoc aanneem. Later is hy tot ridder beslaan as baron Howland.
Die dorp Cradock is na hom genoem.
Sien ook Lys van kommandeurs en goewerneurs van die Kaapkolonie
Bron Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
Kategorie:Britse goewerneurs van die Kaapkolonie Kategorie:Britse militariste Kategorie:Iere Kategorie:Generaals Kategorie:Geboortes in 1759 Kategorie:Sterftes in 1839