OSC Bremerhaven is 'n sportklub uit Bremerhaven in die deelstaat Hansestad Bremen in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir onder meer biljart, Amerikaanse rugby, atletiek, pluimbal, basketbal, dans, handbal, jiu-jitsu, karate, tafeltennis, tennis, driekamp, gimnastiek, skyfskiet en vlugbal.
Die klub is in 1972 gestig met die samesmelting van Turnverein Bremerhaven von 1859, Allgemeiner Turn- und Sportverein Bremerhaven von 1919, Polizei Sport Verein von 1923 en TGC "Blau-Gold" Bremerhaven von 1955. In 1974 het TuS Bremerhaven 93 (gestig in 1893) by die klub aangesluit, in 1975 Judo–Club Bremerhaven von 1955, in 1987 1. Deutsch-Amerikanischer Sport- und Footballclub Bremerhaven Seahawks von 1979 en in 1988 1. Billard-Sportverein Bremerhaven.
Van al die voorgangerklubs was TuS Bremerhaven 93 die bekendste – die klub het in 1942 vir een seisoen in die Gauliga meegeding, destyds op die hoogste vlak van die Duitse sokkerstruktuur. Na die Tweede Wêreldoorlog het die klub weer op die hoogste vlak meegeding in die Oberliga Noord en in 1954 het die klub sy grootste prestasie behaal toe daar tweede in die Oberliga Noord geëindig is en die klub daarna onsuksesvol aan die uitspeelwedstryde om die Duitse sokkerkampioenskap deelgeneem het.
OSC Bremerhaven se beste prestasie was om twee seisoene (1977/78 en 1979/80) in die 2. Bundesliga deur te bring. Die klub het ook 5 keer die hoofrondte van die DFB-Pokal gehaal tussen 1977 en 1984 en die beste poging hier was om die tweede rondte te haal in 1980, waar daar met 2-0 teen RSV Würges vasgeval is.
Die klub se dans-afdeling het die klub ook groot roem besorg toe die Europese kampioenskapskroon in 2007 ingepalm is.
Onlangse ligaposisionering
1995-96 (VI) Landesliga Bremen 1ste 1996-97 (V) Verbandsliga Bremen 7de 1997-98 (V) Verbandsliga Bremen 6de 1998-99 (V) Verbandsliga Bremen 6de 1999-00 (V) Verbandsliga Bremen 4de 2000-01 (V) Verbandsliga Bremen 7de 2001-02 (V) Verbandsliga Bremen 5de 2002-03 (V) Verbandsliga Bremen 5de2003-04 (V) Verbandsliga Bremen 3de 2004-05 (V) Verbandsliga Bremen 6de 2005-06 (V) Verbandsliga Bremen 7de 2006-07 (V) Verbandsliga Bremen 5de 2007-08 (V) Verbandsliga Bremen 5de 2008-09 (V) Oberliga Bremen 3de 2009-10 (V) Oberliga Bremen
Eksterne skakels Amptelike klubwerf Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Bremen 2009/10-seisoen
Blumenthaler SV – VfL 07 Bremen – SV Werder Bremen III – SV Türkspor Bremen-Noord – Bremer SV – FC Bremerhaven – OSC Bremerhaven – Brinkumer SV – SV Grohn - Habenhauser FV – TSV Blouwit Melchiorshausen – FC Oberneuland II – TSV Osterholz-Tenever - TuS Schwachhausen – SG Aumund Vegesack – TSV Wulsdorf
Kategorie:Bremen Bremerhaven