Die Falkland-eilande (Engels: Falkland Islands, Spaans: Islas Malvinas) is 'n groep eilande in die suide van die Atlantiese Oseaan. Die eilande het 'n bevolking van sowat drieduisend mense en die hoofstad, Stanley, het meer as tweeduisend inwoners. Ongeveer nege uit tien inwoners woon in Stanley. CIA World Factbook 2010 Die Falkland-eilande lê suidoostelik van Suid-Amerika en word sedert 1833 deur Argentinië opgeëis. As 'n Britse oorsese gebied geniet die Falkland-eilande interne selfbestuur, maar die Verenigde Koninkryk neem verantwoordelikheid vir hul verdediging en buitelandse sake.

Geskiedenis duimnael|links|Kaart van die Falkland-eilande duimnael|links|Lande, wat Argentinië se eis van soewereiniteit oor die Falkland-eilande, Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande steun duimnael|links|Lande, wat die Verenigde Koninkryk se eis van soewereiniteit oor die Falkland-eilande, Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande steun Die Falkland-eilande ontleen hul naam aan Falkland Sound, die naam wat kaptein John Strong in 1690 aan die waterweg tussen Oos- en Wes-Falkland toegeken het, toe sy skip Welfare etlike dae hier deurgebring het. Falkland Sound is weer genoem na Viscount Falkland, een van Welfare se eienaars. Die algemene Spaanse naam vir die argipel, Islas Malvinas, is afgelei van die Franse Îles Malouines, die naam wat die Franse ontdekkingsreisiger Louis-Antoine de Bougainville in 1764 aan die eilande gegee het.

Tydens die Eerste Wêreldoorlog het die Slag van die Falkland-eilande op 8 Desember 1914 suidoos van die eilande plaasgevind.

Argentinië beset die eilande in 1982 en is deur die Verenigde Koninkryk verslaan in die Falklandoorlog.

Die eilande is 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk, L.L. Ivanov et al. The Future of the Falkland Islands and Its People. Sofia: Manfred Wörner Foundation, 2003. 96 bl.  met 'n Grondwet wat in 1985 aanvaar is, en gewysig is in 2009. Die wet beskerm die reg op selfbeskikking van die land se mense.

Op 12 Junie 2012 het die Falkland-eilande se regering aangekondig dat 'n referendum oor die politieke status van die eilande in die eerste halfjaar van 2013 gehou sal word. In 'n twee dae lange referendum tussen 10 en 11 Maart 2013 oor die territoriale status van die Falkland-eilande, was die stempersentasie 92%. Hiervan was 99,8 % ten gunste van die territoriale status quo as 'n Britse oorsese gebied, maar Argentinië het die referendum reeds vooraf verwerp.

Verwysings

Bronnelys Algemeen

Eksterne skakels

Kategorie:Omstrede eilande