Teia of Theia (Grieks: Θεία; "godin" of "goddelike") was in die Griekse mitologie uit die eerste geslag Titane. Volgens Hesiodus se Teogonie was sy die dogter van Gaia (Aarde) en Uranos (Lug).Hesiodus, Theogonie, 132. Sy en haar broer Huperion was die ouers van Helios (Son), Selene (Maan) en Eos (Daeraad).
Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Theia
Eksterne skakels Theoi Project: Theia
Kategorie:Titane