Hierdie artikel handel oor Astrologie. Vir meer inligting, sien ook Bul (sterrebeeld).duimnael|Bul (Taurus) duimnael|100 px|Die astrologiese simbool van die Bul

Die Bul of Stier (Lat: Taurus) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 20 April en 21 Mei gebore is. Dit is die tweede teken van die Diereriem.

Die Bul is een van die drie aardtekens en een van die vier vaste tekens.Jeff Mayo, Teach Yourself Astrology, pp 38 – 41, Hodder and Stoughton, Londen, 1979 Dis ’n vroulike, negatiewe, introverte teken en is vergelykbaar met die Slang van die Chinese diereriem.Theodora Lau, The Handbook of Chinese Horoscopes, Souvenir Press, Londen, 2005 Die tradisionele heerser van die Bul is Venus.

Bulle kom volgens die astrologie goed oor die weg met lede van die ander aardtekens, Steenbok en Maagd.

Agtergrond Jou son- of sterreteken het betrekking op die stand van die son tydens jou geboorte. Astroloë verdeel die diereriem, die denkbeeldige gordel aan die hemelruim waarlangs die planete beweeg, in twaalf dele: die son- of sterretekens. Die "sterrebeelde" is eintlik die astronomiese konstellasies aan die hemelruim en kom weens die presessie van die nageweningspunte nie meer ooreen met die twaalf tekens wat in die astrologie gebruik word nie.

Verwysings Hierdie artikel is grootliks vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel :nl:Stier (astrologie)

Eksterne skakels Die Bul in diepte Novareinna.com oor die Bul

Kategorie:Astrologie