Die Kamtsjatka-skiereiland (Russies: полуостров Камчатка, poloe-ostrof Kamtsjatka [pəlʊˈostrəf kɐmˈt͡ɕætkə]), is ’n 1 250 km lange en maksimaal 450 km breë bergagtige skiereiland in die Russiese Verre-Ooste geleë, nege tydsones oos van Moskou. Met ’n oppervlakte van 370 300 km² is Kamtsjatka die grootste skiereiland in Rusland ná Taimir, met 'n bevolking wat op sowat 400 000 beraam word.
duimnael|links|Die Korjakski-vulkaan – een van drie vulkane wat bo Petropawlofsk-Kamtsjatski uittroon duimnael|links|Topografie van die Kamtsjatka-skiereiland. Die kleurgekodeerde reliëfbeeld, wat met gegewens van die Shuttle Radar Topography Mission (SRTM) saamgestel is, toon Kamtsjatka Kamtsjatka is geleë tussen die Stille Oseaan in die ooste, die See van Ochotsk in die weste en die Beringsee in die noordooste. As militêre spergebied naby die Sowjet-Russiese grens met die Verenigde State was Kamtsjatka van 1939 af vyf dekades lank nie toeganklik vir buitelandse toeriste nie. Sommige militêre spergebiede bestaan steeds, en toeriste mag hulle nie besoek nie. Nogtans lok die ongerepte natuurskoon en Kamtsjatka se reputasie as eersterangse wildernis- en skisporttoerismebestemming sedert die vroeë 1990's steeds meer besoekers na die unieke skiereiland, wat slegs per skip of per vliegtuig via Moskou se Sjeremetjewo Internasionale Lughawe bereik kan word. Met 'n vliegtyd van nege uur is die diens van Moskou na Petropawlofsk-Kamtsjatski tans die langste binnelandse vliegroete in die Russiese Federasie.
se vulkaniese karakter. Die Kloetsjefskaja-vulkaangroep, genoem na een van die aktiefste vulkane ter wêreld, is aan die beeld se sentrale regterkant sigbaar Die reistyd van vlugte van die Internasionale Ted Stevens-lughawe in Anchorage, Alaska – 'n seisoenale roete wat in die somer deur Yakutia Airlines bedien word – is net die helfte so lank.
Die oorspronklike administratiewe eenheid of oblast Kamtsjatka bestaan van 1932 af, aanvanklik met 'n oppervlakte van 473 300 km². Dit is in 1991 opgedeel in Kamtsjatka (179 737 km²) en Korjakië (292 563 km²). As gevolg van 'n verdere administratiewe hervorming vorm die Kamtsjatka-skiereiland, die Kommandeur-eilande (Kommandorskije ostrawa) en die Karaginski-eiland sedert 1 Julie 2007 die Kamtsjatka-krai van Rusland.
Die oorgrote meerderheid van Kamtsjatka se bevolking is Russe, terwyl die inheemse bevolking uit drie etniese hoofgroepe bestaan – Ewene, Itelmene en Korjakke.Andreas von Heßberg: Kamtschatka entdecken. Zu den Bären und Vulkanen im Nordosten Sibiriens. Berlin: Trescher 2006, bl. 15 Meer as die helfte van die totale bevolking is in Petropawlofsk-Kamtsjatski en die nabygeleë Jelizowo saamgetrek. Die skiereiland se lughawe is ook hier geleë. Die res van die bevolking – sowat 50 000 bewoners – woon in kleiner nedersettings wat versprei lê oor die hele skiereiland. Bewoners deel die gebied met die wêreld se grootste bruinbeerbevolking. Kamtsjatka-bere is – saam met Kodiakbere wat op die Amerikaanse deelstaat Alaska se Kodiak-argipel aangetref word – die grootste bere op aarde.
Die krai se hoofstad is genoem na die twee skepe, die Sint Pieter en Sint Paulus, waarmee die Deens-Russiese ontdekkingsreisiger Vitus Bering gedurende sy Groot Nordiese Ekspedisie in 1741 vir die eerste keer na Alaska geseil het. Kamtsjatka self is teen die middel van die 17de eeu deur Russiese Kosakke ontdek. Sedert 1697 maak die skiereiland deel uit van Rusland – veral danksy die strategiese ligging van Kamtsjatka en sy rykdom aan pelsdiere. In geopolitiese en militêr-strategiese opsig was Kamtsjatka vanweë sy status as grensstreek, wat beveilig moes word, en sy vlootbasis van groot belang vir sowel die keiserryk as die Sowjetunie.
Vulkanisme duimnael|'n Nagaansig van die hoofstad duimnael|Drie vulkane – Awatsjinskaja Sopka, Korjakski Sopka en Kozelski Kamtsjatka is een van die aktiefste vulkaniese streke op aarde. Sowat 160 vulkane word op die skiereiland aangetref. Hierdie vulkaanketting is die noordelikste deel van die 2 000 km lange Koerile-Kamtsjatka-boog, wat op sy beurt deel uitmaak van die Stille Oseaan se Ring van Vuur. 28 van Kamtsjatka se vulkane wat steeds aktief is is in 1996 as Vulkane van Kamtsjatka tot Unesco-wêrelderfenisgebied verklaar.
Kljoetsjefskaja Sopka is die grootste aktiewe vulkaan in Asië met 'n hoogte van 4 750 meter bo seevlak. Een van die vulkane, wat as onaktief beskou is, Bolsjaja Oedina met 'n hoogte van 2 920 meter, het in 2019 seismiese aktiwiteit getoon en moet as 29ste by die lys van aktiewe vulkane gevoeg word. spiegel.de Wissenschaft, 14 Junie 2019: Kamtschatka – Erloschen geglaubter Vulkan brodelt wieder. Besoek op 27 Februarie 2020
Aangesien belangrike internasionale Noord-Pasifiese lugvaartroetes oor Kamtsjatka loop, word alle vulkane permanent gemonitor. Die vulkaanas, wat gedurende uitbarstings in die atmosfeer geskiet word, hou groot gevare vir stralervliegtuigenjins in.
Naas vulkanisme is Kamtsjatka ook aan seismiese aktiwiteit blootgestel. Op 4 November 1952 het 'n verwoestende aardbewing met 'n sterkte van 9,0 op die Richterskaal en 'n daaropvolgende tsoenami die nedersetting Sewero-Koerilsk op die nabygeleë Koerile-eiland Paramoesjir getref. Die aardbewing en 'n eerste tsoenami het blykbaar geen of min lewens geëis. Nadat bewoners na hul huise teruggekeer het, is die nedersetting deur 'n tweede geweldige tsoenami met vloedgolwe van agttien meter hoog verswelg. Die dodetal is op 2 300 beraam.
Die episentrum van hierdie baie sterk aardbewing was in die Golf van Gisjkinskaja aan Kamtsjatka se weskus geleë – langs 'n breuk in die subduksiesone waar die Pasifiese Plaat onder die Ochotsk-plaat inbeweeg. Die tsoenamivloedgolwe in die Stille Oseaan het ook op die Amerikaanse Hawaii-eilandgroep verwoesting gesaai.
Effense skade is aan die weskus van Noord- en Suid-Amerika aangerig. Devastating Disasters: Kamchatka Earthquake – Russia – 4 November 1952. URL besoek op 5 Maart 2020
Klimaat duimnael|'n Groep staptoeriste op pad na die Moetnofski-vulkaan duimnael|Toeriste op 'n uitstappie na die Moetnofski-vulkaankrater duimnael|'n Fumarole op Moetnofski stel swawelgasse vry duimnael|Die Septemberson rys oor die Oedina-vulkaangroep. Die grond van die Ploski Tolbatsjik-vulkaankrater op die voorgrond is nog bevrore duimnael|Die hoofstad met al drie vulkane teen die agtergrond – Korjakski, Awatsjinski en Kozelski duimnael|Sonstrale breek deur die wolke oor Awatjinskibaai wat met sy hawe eeue lank die poort tot Kamtsjatka was duimnael|Oggendmis oor die vulkaan Goreli se kaldera duimnael|Drie Broers-rotsformasie in Awatsjabaai. Die baai is een van die wêreld se grootste natuurlike seehawens. Hier is ook die hoofstad Petropawlofsk-Kamtsjatski geleë duimnael|'n Vulkaniese puimsteen-rotsformasie in die suide van Kamtsjatka wat oor 'n lengte van vier kilometer strek duimnael|regs|Die geskeduleerde en werklike vliegroete van KAL-vlug 007 duimnael|Die "Dooie Woud van Kamtsjatka" kort voor sononder. Toe die vulkaan Tolbatsjik in 1975 uitgebars het, is die woud onder lawa en as begrawe duimnael|Die Kljoetsjefskaja-vulkaangroep. Die Oedina-groep met Bolsjaja Oedina ("Groot Oedina") is aan die regterkant duimnael|Die magtige Kljoetsjefskaja Sopka-vulkaan is een van die aktiefstes ter wêreld
Alhoewel Kamtsjatka op ongeveer dieselfde breedtegraad as Groot-Brittanje geleë is, is daar nouliks matigende invloede op sy klimaat. Koue winde en lugmassas van die Siberiese Antisikloon, of hoëdrukgebied, dra saam met die koue Oyashio-seestroom by tot die skiereiland se lang en koue winters met 'n sneeulaag tussen Oktober en laat Mei.Diana Gleadhill: Kamchatka: A Journal & Guide to Russia's Land of Ice and Fire. Hong Kong: Odyssey Books & Guides 2007, bl. 19 As gevolg van sy noordelike ligging val Kamtsjatka in die subarktiese tot koue klimaatsones. Naas die geografiese ligging teen die oostelike rand van die Asiatiese landmassa oefen ook die groot watermassas van die See van Ochotsk wes van Kamtsjatka en die Beringsee met hul koue strome in die ooste 'n merkbare invloed op die skiereiland se klimaat uit wat tot koeler temperature lei. 'n Derde belangrike invloedfaktor is die hoë sikloonaktiwiteit in die gebied waaraan sterk winde en hoë reënval verbonde is, veral in die suide. Die vierde invloedfaktor is die bergreekse op die skiereiland. Kamtsjatka se klimaat is natter en gematigder as dié van die binneland van Oos-Siberië.Vivienne Jones and Olga Solomina: The geography of Kamchatka. In: Global and Planetary Change. Volume 134, November 2015. bl. 3-9. Aanlyn beskikbaar op die Science Direct-webtuiste. CC BY-lisensie
Die komplekse topografie van Kamtsjatka met bergkettings en vrystaande vulkane, met wisselende afstande van die kus, en talle riviere en mere skep 'n verskeidenheid mikroklimata en plaaslike weerstoestande en -verskynsels waarmee staptoeriste rekening moet hou. So kan op bergpieke sterk orkane waai en stortreëns val, terwyl 'n nabygeleë vallei windstil is en daar geen druppeltjie reën val nie. Van die aantreklikste weerverskynsels op Kamtsjatka is wolkbeelde en reënboë. Veral vrystaande vulkane oefen sterk invloed op die stroomrigting en bewegingspoed uit, maar ook op die lugvogtigheid en die patroon van lugwerwels. Gedurende sonnige dae met sterk winde neem wolke oor of langs die pieke van vulkane kenmerkende vorme aan – soos byvoorbeeld ronde föhnwolke of wolke wat soos vlieënde pierings lyk – wat 'n hele dag lank stabiel bly.
Temperatuurskommelinge wissel volgens streek. So daal die kwik in die kusgebiede, wat deur die Stille Oseaan se seeklimaat beïnvloed word, gedurende die wintermaande selde onder , terwyl in die somer gematigde temperature van 15 °C en op baie warm dae selfs van 25 °C tot 30 °C, aangeteken word. Groter temperatuurwisselings kom in die binneland voor wat aan uiterste skommelings van gedurende die winter tot 25 °C gedurende die somer blootgestel kan wees. Hier het die klimaat danksy sterk invloede van die Asiatiese vasteland kontinentale trekke en is die winters langer en die somers korter. Bergkamme beskerm die binneland teen maritieme invloede.
Die skiereiland kry in sy natste streke in die suidooste sowat 2 700 mm reën per jaar. Die droogste gebied is die sentrale Kamtsjatka-vallei, geleë tussen die westelike en oostelike bergkettings noord van die stad Milkowo. Die somers is gematig koel, alhoewel die kwik op plekke tot 30 °C kan styg, met koeler nagte waartydens temperature in die hoogste gebiede moontlik benede vriespunt daal. Die winters op Kamtsjatka kan taamlik stormagtig wees. Sneeulae kan tussen Februarie en April tot tien meter dik wees. Die beste reistyd vir staptogte is Mei tot September. Stabiele hoëdrukgebiede ontwikkel tussen Julie en September. Muggies en steekvlieë kan in groot swerms 'n ernstige plaag in die somermaande wees – buiten in gebiede wat hoër as 1 000 m bo seevlak geleë is of op Kamtsjatka se uitgestrekte velde van swart vulkaanas.
Na bewering is van die sneeurykste gebiede op aarde in Kamtsjatka geleë. So duur die skiseisoen op baie plekke tot in die middel van die lente. Van die bekendste skitoeriste wat al in Mei nog teen die hellings van die Awatsjinski-vulkaan geski het, was president Wladimir Poetin.Von Heßberg (2006), bl. 318 Heliskisport, waarby skitoeriste met helikopters na die pieke van sneeubedekte vulkane geneem word, het in die vroeë 21ste eeu al hoe gewilder geraak. Die hellings met hul diep sneeu is 'n uitdaging vir wintersportentoesiaste, maar weens die gevaar van sneeustortings net geskik vir uiters ervare skiërs. In April 2010 is tien Duitse en Russiese skitoeriste in só 'n sneeustorting dood.Süddeutsche Zeitung, 12 April 2010: Extremsport in Kamtschatka – Gefährliche Schönheit. Besoek op 15 Maart 2020 'n Meer tradisionele wintersport is hondesleeritte.
Geskiedenis Verkenning