Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Tjoemen-oblast.
Tjoemen (Russies: Тюме́нь) is ’n stad in die Oeral- Federale Distrik in Rusland. Dit is 2 144 km oos van Moskou aan die Toera-rivier geleë. Dit is die hoofstad en grootste stad van die Tjoemen-oblast en het 634 171 inwoners (2013).
Tjoemen was die eerste Russiese buitepos in Siberië en is in die 16de eeu gestig om Russiese uitbreiding in die streek te vergemaklik - vandaar sy bynaam "Moeder van Siberiese stede". Die dorp het vinnig gegroei van ’n militêre nedersetting tot ’n groot stad. Dit is vandag een van die belangrikste sake-, nywerheid- en vervoersentrums in Rusland en lê in ’n streek met groot olievelde wat van die grens met Kazachstan tot die Noordelike Yssee strek.
Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Tyumen
Eksterne skakels
Stadsadministrasie
Kategorie:Nedersettings in Rusland