Die nasionale vlag van Ethiopië (Amharies: የኢትዮጵያ ሰንደቅ ዓላማ, yäItyoṗya Sändäq ʿAlama; of የኢትዮጵያ ባንዲራ, yäItyoṗya Bandira) is op 6 Februarie 1996 amptelik in gebruik geneem. Die drie tradisionele kleure (groen, geel en rooi) dateer terug na Keiser Menelik (1889–1913) en is vir die eerste keer in 1895 gebruik. Die huidige vlag en embleem is aanvaar na die omverwerping van die Marxistiese Mengistu-regime wat van 1974 tot 1991 regeer het.

Simboliek Die embleem is veronderstel om die diversiteit asook die eenheid van die land te weerspieël. Blou verteenwoordig vrede, die vyfpuntige ster verteenwoordig diversiteit en eenheid en die strale van die son verteenwoordig vooruitgang. Die groen stel die grond en hoop vir die toekoms voor, die geel stel vrede en liefde voor en die rooi stel krag voor.

Volgens die huidige interpretasie dui die kleure aan:

Vorige vlae

Sien ook

Eksterne skakels

Ethiopië by Flags of the World Ethiopië by ''World Statesman

Kategorie:Ethiopië Ethiopie