Die Peter Mokaba-stadion is 'n stadion in Polokwane (voorheen Pietersburg), Suid-Afrika, wat gebruik was vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010. Die stadion het sitplek vir 41 733 touskouers. FIFA.com – Pietersburg Stadium Dit is vernoem na Peter Mokaba, 'n voormalige leier van die ANC-jeugliga. Dit is vyf kilometer van die sakekern geleë en net oos van die vorige Pietersburg-stadion.
duimnael|links|'n Sokkerwedstryd tussen Frankryk en Meksiko, 2010 FIFA Wêreldbeker Die stadion is een van vyf nuwe stadions wat vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 gebou is. Die aanvanklike plan om die bestaande stadion op te gradeer is laat vaar ten gunste van die bou van die Peter Mokaba-stadion. Die koste is destyds beraam op ZAR1 100 000 000 (VS$154 000 000).
Wedstryde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers13 Junie 201013:300–1Groep C30 32517 Junie 201020:300–2Groep A35 37022 Junie 201020:300–2Groep B38 89124 Junie 201016:000–0Groep F34 850
Sien ook Lys van stadions in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions Kategorie:Polokwane Kategorie:Sokkerstadions in Suid-Afrika