Genl. Christiaan Frederik Beyers (Banghoek, distrik Stellenbosch, 23 September 1869 — Vaalrivier, distrik Makwassie, 8 Desember 1914), was Boeregeneraal, prokureur, en leier in die Maritz-rebellie van 1914.

Hy is in 1869 naby Stellenbosch gebore en verhuis in 1889 na Transvaal, waar hy prokureur in Boksburg en burger van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) word. Hy sluit hom tydens die Tweede Vryheidsoorlog by die Boeremagte aan en vorder tot die rang van generaal.

Ná die Vrede van Vereeniging hervat hy sy beroep as prokureur, maar nou in Pretoria. Hy word later speaker van die Transvaalse parlement tydens Verantwoordelike Regering. In 1912 word hy aangestel as eerste kommandant-generaal (bevelvoerder) van die Unie Weermag. Die volgende jaar besoek hy Europa en ontmoet keiser Wilhelm II van Duitsland.

Kort ná sy terugkeer kruis hy swaarde met genl. Louis Botha, wat hy gereken het té veel waarde geheg het aan oorsese verpligtinge. Beyers knoop daarom onderhandelings aan met generaal Koos de la Rey en andere wat teen die regeringsbeleid gekant was. Sy ontevredenheid met die regering word op die spits gedryf toe hy in September 1914, ná die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog, bedank as bevelvoerder van die weermag. Genl. Jan Smuts het hom van hoogverraad beskuldig.

Beyers raak by die Maritz-rebellie betrokke en verdrink einde 1914 in die Vaalrivier terwyl regeringstroepe hom agtervolg het.

Herkoms en opleiding duimnael|links|Genl. Beyers se ouers se grafsteen in die Onderpapegaaiberg-begraafplaas op Stellenbosch. Beyers was die derde seun van Christiaan Frederik Beyers (21 September 1829 – 10 Augustus 1886), 'n boer van Zorgvliet, Banghoek, en sy eggenote, Anna Maria van der Bijl (1839 – 1894) van Paardenvallei, Somerset-Wes. Sy oupagrootjie aan vaderskant was Johann David Beyer (1733-1797) wat in 1757 uit Erfurt, Duitsland, na die Kaap gekom het in diens van die VOC. C.F. Beyers het grootgeword op die plaas Cottage Farm (volgens een bron) by Stellenbosch en was lid van ’n vooraanstaande en welvarende familie van Bolandse wynboere. In sy tienerjare het ’n geldelike ramp die gesin getref toe sy vader belê in ’n bank wat weke later sou ondergaan. Kort hierna sterf Beyers sr. en moes die boerdery sonder hom voortgaan.Christiaan (CF.) Beyers (1869–1914) op Afrikanersgeskiedenis.co.za . URL besoek op 3 Junie 2017.

Aan die Stellenbosse Gimnasium en die Victoria-kollege, Stellenbosch, waar hy 'n tydgenoot was van Jan Christiaan Smuts, die latere eerste minister van Suid-Afrika, het hy ’n goeie onderrig ontvang terwyl hy tussen sy skoolopleiding deur hard op die plaas moes werk. Hy het met oorgawe aan die studentelewe deelgeneem en was lid van die eerste rugbyspan. Hy het ook aangesluit by ’n vereniging wat basiese militêre opleiding gebied het. Met sy buitengewone krag, fors liggaamsbou en gesellige persoonlikheid was hy ’n suksesvolle student, maar nie buitengewoon skrander nie. In die ZAR het hy ook rugby gespeel en vir Transvaal in Curriebeker-wedstryde uitgedraf.

Na Transvaal duimnael|Genl. Beyers, waarskynlik voor die Tweede Vryheidsoorlog. Beyers het hom einde 1888 op soek na werk by sy ouer broer Pieter in Pretoria aangesluit. Nadat hy enige jare by ’n prokureursfirma in Pretoria as leerling-prokureur in diens was, het hy dit deur privaat studie sover gebring dat hy in 1894 die prokureurseksamen kon aflê en in dieselfde jaar sy eie praktyk op Boksburg kon begin. Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge Aucamp, Gerhard (red.). 1947. Suid-Afrikaanse Heldegalery: Gedenkboek van figure in ons geskiedenis wat deur hul heldedade, baanbrekerswerk en selfopoffering in dankbare herinnering behoort te bly. Kaapstad: M. Rieck. As Kaapse burger kon hy geen betrekking in die staatsdiens van Transvaal kry nie, hoewel sy kwalifikasies sterk in aanvraag was.

Ten tyde van die Jameson-inval het hy, ofskoon nog ’n uitlander, hom aangebied as vrywilliger en so getoon dat hy sy lot ten volle by die ZAR ingewerp het. Hoewel hy nie in werklikheid krygsdiens verrig het nie, verkry hy as gevolg hiervan in 1897 volle burger- en stemreg in die ZAR. Voor die inval het hy nie aan die politiek deelgeneem nie omdat hy nie ’n burger was nie, maar dit is bekend dat hy pres. Paul Kruger se Burgerskapswetgewing teengestaan het. Op 6 Augustus 1896 het Beyers in die huwelik getree met Mathilde König, 'n onderwyseres. Krüger, prof. D.W. en Beyers, C.J. (hoofred.) Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel III. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers, 1977. Sy was ’n gesofistikeerde vrou wat naas Nederlands en Engels, ook Duits en Frans magtig was. Geen kinders is uit die huwelik gebore nie. Hul sosiale lewe was bedrywig en albei was diep godsdienstig.

Tweede Vryheidsoorlog duimnael|links|Genl. Beyers (naaslinks) en andere voor 'n vroeë prokureurskantoor in Johannesburg. duimnael|Op dié tuinparty wat in 1903 in Pretoria gehou is, staan Emily Hobhouse in die wit rok met die swart hoed regs van genl. Beyers en links van genl. Jan Smuts. duimnael|links|Genl. Beyers se portret in Gedenkboek van het Victoria-Kollege (1918). Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) op 11 Oktober 1899, nadat hy reeds ’n welvarende regspraktyk opgebou het, is Beyers as gewone burger na die front opgeroep en het hy geveg in die vernaamste veldslae in Natal gedurende die eerste maande van die stryd. Scholtz, G.D. in Potgieter, D.J. (ed.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou). Nadat hy in Maart 1900 gekies is as assistent-veldkornet (die eerste rang bo gewone burger), het Beyers die aandag getrek van sy kommandant-generaal, genl. Louis Botha, nie alleen deur sy onverskrokkenheid en waagmoed te velde nie, veral in die veldslae by Donkerhoek of Diamond Hill (11 Junie 1900, naby Pretoria), Witpoort (16 Junie 1900) en Dalmanutha (21–27 Augustus 1900, naby Belfast), maar ook vanweë sy kragtige persoonlikheid en sy rondborstige en onverskrokke afkeer van onbevoegde offisiere. Ook het hy, hoewel net ’n assistent-veldkornet, die losbandige gees onder die burgers heftig gekritiseer, en was hy een van die eerstes wat op die herorganisasie van die krysmagte aangedring het.

Hy was hewig ontsteld omdat ’n noemenswaardige aantal burgers hulle sleg gedra het. Winkels en huise in vyandige gebiede is geplunder en drank is misbruik. Die burgers het self die offisiere verkies en syns insiens het dit nie bekwaamheid in die hand gewerk nie. ’n Groot deel van die oorlog het prop. J.F. Naudé, die later so bekende predikant van NG gemeente Graaff-Reinet en vader van ds. Beyers Naudé (wat na genl. Beyers genoem is), as veldprediker by Beyers opgetree en ’n sterk invloed op hom uitgeoefen.

Ná die val van Pretoria op 5 Junie 1900 is ’n krygsraad gehou. Beyers het dit as plaasvervanger bygewoon. Hy het sy eie junioriteit geïgnoreer en aktief aan die besprekings deelgeneem. Name en spesifieke gebeure van onbekwaamheid het hy opgenoem en as onverskoonbaar bestempel.

Beyers het uitgeblink in gevegte teen lord Roberts in die omgewing van Johannesburg en in Oos-Transvaal, en getoon dat hy ’n gebore militêre leier was, sodanig dat genl. Botha hom op 3 September 1900 as assistent-generaal (die tweede hoogste rang in die ZAR se weermag) van die distrikte Waterberg en Soutpansberg aangestel het. Hy het dadelik sy kommando's geherorganiseer, die onbevoegde offisiere afgesit en op besliste wyse die stryd teen die Engelse leërmagte voortgesit. Weerstand teen die aanstelling van so ’n jong man van buite die distrikte is spoedig uitgewis danksy Beyers se vasbeslotenheid, dapperheid en militêre vernuf. Hy het die noordelike distrikte, wat amper volledig aan die oorlog onttrek het, opnuut gemobiliseer. ’n Groot Britse mag moes ontplooi word om dié uitgestrekte gebied te verower en te behou. Dié Britse oormag is nooit met rus gelaat nie, al het perdesiekte die meeste burgers tot voetsoldate gereduseer. Die nuwe aanvallende gees deur Beyers aangewakker, het sy kommando in staat gestel om 'n aanval te loods op die kamp van genl.-maj. A.H. Paget te Pienaarsrivier op 27 September 1900 (vier dae ná Beyers se 31ste verjaardag), waar hy self ternouernood aan die dood ontkom het.

Ná 'n besoek deur pres. M.T. Steyn en Louis Botha op 18 Oktober 1900, het Beyers se kommando hom aangesluit by die kommando van genl. J.H. de la Rey sodat hulle die Britse kolonne onder bevel van genl.maj. R.A.P. Clements geweldige verliese laat ly het op Nooitgedacht (noordwes van Krugersdorp) op 13 Desember 1900, Beyers se grootste sukses tydens die Driejarige Oorlog. Die vyand is op die vlug geja met agterlating van omtrent 400 dooies en gewondes, 300 krygsgevangenes, 200 tente, 400 perde, 300 muile, 500 beeste benewens ’n groot hoeveelheid ammunisie. Böeseken, dr. A.J. 1966. Die Nuusbode. Kaapstad: Nasou. Op ’n tydstip toe oorlogsmoegheid baie Boere verlam het, het dit die moraal versterk en die Republikeinse magte in staat gestel om nog amper 18 maande met die vryheidstryd voort te gaan.

Hoewel die plan van De la Rey en Beyers om aanvalle te loods op die Pretoria-Delagoabaai-spoorlyn prysgegee moes word vanweë Britse teenstand, het Beyers se troepemag in Januarie 1901 na die Oos-Rand beweeg en krygsaksie verrig teen die agterhoede van die mag onder bevel van genl. sir John French. Vervolgens moes ook afgesien word van Botha se voorneme om Beyers te stuur om die Kaapkolonie binne te val, deels vanweë genl. J.C. Smuts se teenkanting van hierdie plan en deels vanweë die bedrywighede van brig.-genl. H.C.O. Plumer in Noord-Transvaal.

Beyers het egter die middele kortgekom om te verhoed dat Plumer Pietersburg op 8 April 1901 beset, en gedurende die res van die oorlog het hy in die distrikte Waterberg en Soutpansberg 'n geïsoleerde guerrilla-veldtog van "slaan en vlug" met ’n klein aantal burgers onder steeds moeiliker omstandighede moes voer. Ook hierin het hy hom onderskei.

Op 23 Januarie 1902 het hy 'n vrugtelose aanval op Pietersburg geloods. En eers op 20 Maart 1902 kon hy weer tot die aanval oorgaan toe sy troepemag Fort Edward, suid van Louis Trichardt, omsingel. 'n Groter troepemag onder kol. J. Colenbrander het hom gedwing om die beleg op te hef, en van 8 tot 9 April het Colenbrander sy kommando 'n gevoelige slag by Malepspoort toegedien.

Vrede van Vereeniging Nadat hy 'n daaropvolgende aanval deur Colenbrander afgeslaan het op 15 April 1902, is Beyers na Vereeniging ontbied, en op 15 Mei is hy gekies as voorsitter van die vergadering van Boere-afgevaardigdes wat samesprekinge sou voer in verband met vredesvoorwaardes. Dertig Vrystaters en 30 Transvalers het aan die samesprekings deelgeneem.

Hulle kon nie eenstemmigheid bereik nie, maar op Saterdag 31 Mei het die meeste besef dat die vernietiging van Boere-eiendom en die moord op die vroue en kinders die land en volk sou breek. Al was Beyers aanvanklik ten gunste van voortsetting van die oorlog, het die houding van die meerderheid van die afgevaardigdes hom eindelik beweeg om ten gunste van vrede te stem. Die uitslag van die stemming onder die Republikeinse afgevaardigdes was ses teen en 54 vir onvoorwaardelike oorgawe. Daardie aand is genls. J.C. Smuts en J.B.M. Hertzog se oorgawedokument in Georg Heys se Melrose-woning aan lords Milner en Kitchener oorhandig. Die dokument is om 23:05 onderteken en het so ’n einde aan die Boererepublieke gebring.1

Ná die Driejarige Oorlog duimnael|links|Genl. en mev. Beyers in die tyd toe hy speaker van Transvaal se wetgewende vergadering was.