Gerard ter Borch (gebore in Zwolle, ? Desember 1617 – oorlede in Deventer, 8 Desember 1681), ook bekend onder die naam Gerard Terborch, was 'n Nederlandse kunsskilder. Hy is veral bekend vir sy klein en galante genrestukke, maar het ook portrette geskilder. Oor sy lewe is meer bekend as van vele ander skilders uit die sewentiende eeu.
Biografie Gerard ter Borch het sy skildervaardighede by sy vader, Gerard ter Borch I (of Gerard ter Borch die Oue) wie 'n hoë amp beklee het, en wie self ook 'n amateur kunsskilder was, aangeleer. Gerard II het vir drie van sy eie kinders ook die kuns geleer. Sy dogter Gesina het in haar albums talryke familiegebeurtenisse vasgelê; sy seun Moses was in eie reg 'n talentvolle skilder maar het in 1667 by die vloot aangesluit maar in die Slag van Medway gesterf.
In 1933 het Gerard in Haarlem gaan werk in die ateljee van Pieter de Molijn. Sy landskappe is deur Ter Borch van figure voorsien. In 1635 het hy na Engeland verhuis en het hy sy oom besoek. Na sy oom oorlede is aan die pes is Gerard terug na Zwolle. Hy het vandaar na Italië gereis en hom in 1640 in Rome gevestig, maar het waarskynlik op pad ook Frankryk en die Suidelike Nederlande besoek
In 1645 keer hy terug na Nederland en gaan woon in Amsterdam. In 1646 het hy die Amsterdamse diplomaat Pauw na Münster vergesel en op die reis het hy een van sy beroemdste stukke geskilder: "Die Vredeskonferensie tussen Holland en Spanje". Hy wou so baie geld vir die werk hê dat hy dit uiteindelik nie kon verkoop nie. Een van die Spaanse diplomate genaamd Peñeranda het Ter Borch na Spanje geneem, waar hy o.a. Filips IV van Spanje geskilder het. In 1654 keer hy terug na Nederland.
In die jare vyftig het Ter Borch begin fokus op die genreskilderkuns. Op hierdie genrestukke is mense (soldate) in hulle daaglikse omgewing te sien, wat in onderlinge, soms in misterieuse of amoreuse onderlinge verhouding tot mekaar staan. Die genre is ontwikkel deur die Amsterdamse skilders Pieter Codde en Willem Duyster.
Hy was 'n leermeester vir o.a. Caspar Netscher en Gabriel Metsu, Frans van Mieris en Eglon van der Neer is deur Ter Borch se werke beïnvloed.
Hy is begrawe in die Grote of Sint-Michaëlskerk in Zwolle.Doorn van, F. (2007). 1000 plekken die je echt gezien moet hebben. Arnhem: Terra Lannoo B.V.
Werke Afbeelding Titel Land Plek Museum100pxPortret van Helena van der Schalcke (1646–1671)(circa 1648)AmsterdamRijksmuseum Amsterdam100pxGerard Abrahamsz van der Schalcke (1609–67). Lakenkoper te Haarlem.(1644) NederlandAmsterdamRijksmuseum Amsterdam100pxMemorieportret van Moses ter Borch(1667–1669)Hierdie portret is saam met sy half-suster Gesina geskilder NederlandAmsterdamRijksmuseum Amsterdam100pxPortret van Godard van Reede van Nederhorst NederlandAmsterdamRijksmuseum Amsterdam100pxAletta Pancras (1649–1707). Eggenote van François de Vicq NederlandAmsterdamRijksmuseum Amsterdam100pxMark in Haarlem(circa 1634) NederlandAmsterdamRijksmuseum Amsterdam100pxSeun met neergeslane oë(circa 1675) NederlandAmsterdamRijksmuseum Amsterdam100pxVrou voor 'n spieël(circa 1650) NederlandAmsterdamRijksmuseum Amsterdam100pxMeisie, landelik geklee(waarskynlik Gerard se half-suster Gesina)(circa 1650) NederlandAmsterdamRijksmuseum Amsterdam100pxDie briefskryfster(circa 1655) NederlandDen HaagMauritshuis100pxSelfportret(circa 1668) NederlandDen HaagMauritshuis100pxPortret van Anthonie Charles de Liedekercke, sy vrou Willemina van Braeckel en hul seun Samuel(1650–1655) NederlandHaarlemFrans Hals Museum100pxDie spinster(circa 1653) NederlandRotterdamMuseum Boijmans Van Beuningen100pxPortretminiatuur van Don Caspar de Bracamonte y Guzmán, Conde de Peñeranda (1596–1676), leier van die Spaanse afvaardiging by die vredesonderhandeling te Münster.(1645–1648) NederlandRotterdamMuseum Boijmans Van Beuningen100pxDie Luttekepoort in Zwolle(circa 1650) NederlandZwolleOnbekend100pxPortret van Andries de Graeff(1674) NederlandOnbekendOnbekend100pxPortret van Jacob de Graeff(tweede helfte van die 17e eeu) NederlandAmsterdamRijksmuseum Amsterdam100pxPortret van Cornelis de Graeff(circa 1673) NederlandAmsterdamMauritshuis100pxGalante gesprekOok: Die vaderlike vermaning(circa 1654) Berlyn Gemäldegalerie100pxDie konsert (1655) Duitsland Berlijn Gemäldegalerie Berlin100pxDie triktrakspel(circa 1640) Duitsland Bremen Kunsthalle Bremen100pxDie luitspeelster DuitslandDresdenGemäldegalerie Alte Meister100pxDame wat haar hande was DuitslandDresdenGemäldegalerie Alte Meister100pxSkrywende offisier, met 'n trompetter DuitslandDresdenGemäldegalerie Alte Meister100pxDie brief(>1660) DuitslandMünchenAlte Pinakothek100pxSeun besig om hondjie te vlooi DuitslandMünchenAlte Pinakothek100pxDie leser DuitslandSchwerinStaatliches Museum Schwerin122x122pxDie galante soldaatParysLouvre100pxVrou wat appels skil(circa 1660)WenenKunsthistorisches Museum Wien100pxHermana von der Cruysse (1615–1705)(1667–1669) OostenrykWenenKunsthistorisches Museum Wien100pxPortret van 'n vrouMoskouPoesjkinmuseum100pxDie beswering van de vrede tussen die Nederlande en Spanje(Vrede van Münster)(1648)LondenNational Gallery100pxOffisier wat 'n brief dikteer(1655–1658) Verenigde KoninkrykLondenNational Gallery100pxVrou wat theorbe bespeelt(1667–1668) Verenigde KoninkrykLondenNational Gallery100pxDame aan toilettafel Verenigde KoninkrykLondenWallace Collection100pxDame in haar kamer(1660)Detroit, MIDetroit Institute of Arts100pxDie Koeistal(circa 1650) VSALos AngelesGetty Center
Verwysings
Eksterne skakels
Gerard ter Borch op Artcyclopedia met baie skakels Gerard Terborch
Kategorie:Nederlandse skilders Kategorie:Geboortes in 1617 Kategorie:Sterftes in 1681