duimnael|Geslagsregister van die regerende familie van Tenochtitlan. Hueyi tlahtoani (hueyi word ook wel as huey of uei geskryf, en tlahtoani as tlatoani) was die naam wat die Asteke aan die hoogste leier van 'n politieke eenheid, waaronder ook die leier van hul eie ryk, gegee het. Hueyi tlatoani is Nahuatls en beteken "groot spreker", en wel spreker in die opsig van opdraggewer.

Hueyi tlahtoani is eens as keiser vertaal, maar dit is nie korrek nie omdat laasgenoemde begrip tipies is aan die Europese kultuur, naamlik die erfenis van die Romeinse Ryk, en afgelei van die naam Julius Caesar.

Lys van Asteekse heersers Tlahtoanime van die Meksika Waarskynlik grotendeels legendaries: ?–1233: Iztacmixcohuatl 1233–1272: Tozcuecuextli 1272–1299: Huehue Huitzilihuitl 1299–1347: Ilancueitl 1347–1363: Tenoch

Hueyi tlahtoanime 1375–1395: Acamapichtili 1395–1417: Huitzilihuitl 1417–1427: Chimalpopoca 1427–1440: Itzcoatl 1440–1469: Motecuhzoma Ilhuicamina 1469–1481: Axayacatl 1481–1486: Tizoc 1486–1502: Ahuitzotl 1502–1520: Motecuhzoma Xocoyotzin 1520: Cuitlahuac 1520–1521/1525: Cuauhtémoc

Marionette onder Spaanse gesag 1525–1526: Diego Velázquez Tlacotzin 1526–1530: Andrés de Tapia Motelchiuh 1532–1536: Pablo Xochiquentzin 1539–1541: Diego Huanitzin 1541–1554: Diego de San Francisco Tehuetzquitizin 1554–1566: Esteban de Guzmán 1557–1562: Cristóbal de Guzmán Cecetzin 1563–1565: Luis de Santa María Nanacacipactzin